Canopus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Canopus (ster))
Spring na: navigasie, soek
'n Beeld van Canopus deur Expedition 6
Canopus, soos uit Tokio, Japan gesien, waar dit baie laag bo die suidelike horison verskyn. Die waarnemingsligging is op breedtegraad 35°38′N.

Canopus (α Car, α Carinae, Alpha Carinae) is die helderste ster in die suidelike konstellasie Carina, wat omvat word deur Argo Navis. Dit is ook die tweede helderste ster soos van die aarde gesien, na Sirius. Canopus se skynbare helderheid is −0.72, en dit het 'n absolute helderheid van −5.53.

Canopus is 'n helder reus van die spektrale tipe F. Canopus is effektief wit wanneer dit met die blote oog waargeneem word, alhoewel F-tipe sterre soms as "geelwit" gelys word. Dit word gevind in die verre suidelike lug, by deklinasie −52° 42' (2000) en regte klimming 06h24.0m.[1]

Verwysings[wysig]

  1. Databasis inskrywing vir Canopus”. SIMBAD, Centre de Données astronomiques de Strasbourg. URL besoek op 2008-02-05.