Cap Ferret

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaart van Cap Ferret

Cap Ferret is 'n kaap wat teen die mees suidelike punt van die skiereiland Lège-Cap Ferret in die Suidwes-Franse département Gironde lê. Die kaap staan veral bekend vir sy vuurtoring en het tot 'n luukse strandoord met ongerepte natuurskoon ontwikkel.

Die vuurtoring van Cap Ferret, wat in 1839 opgerig is, is tydens die Duitse besetting in 1944 vernietig en vanaf 1946 herbou. Dit is op 7 Augustus 1949 ingewy. Die vuurtoring op 'n hoogte van 52 meter beskik oor 'n optiese stelsel met 'n gewig van een ton, en sy rooi lig is oor 'n afstand van maksimaal 50 kilometer sigbaar. Die vuurtoring bied 'n panoramiese uitsig oor die Bassin d'Arcachon.[1][2][3]

Fotogalery[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Accès / transport (in Frans)”. Office de tourisme de Lège-Cap Ferret. URL besoek op 2010-10-01.
  2. Navettes - Arcachon - Cap Ferret (in Frans)”. Union des Bateliers Arcachonnais. URL besoek op 2010-10-01.
  3. A pied, à vélo, en petit train ... (in Frans)”. Mairie Lege Cap Ferret. URL besoek op 2010-10-01.

Eksterne skakels[wysig]

Koördinate: 44°37′19″N 1°14′59″W