Carola Schouten

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Carola Schouten
Carola Schouten

Lid van die Tweede Kamer
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
18 Mei 2011
Voorafgegaan deur André Rouvoet

Persoonlike besonderhede
Geboorte 6 Oktober 1977 (1977-10-06) (36 jaar oud)
's-Hertogenbosch, Nederland
Politieke party CU
Alma Mater Erasmus Universiteit Rotterdam
Religie Gereformeerde Kerke in Nederland

C.J. (Carola) Schouten (gebore 6 Oktober 1977 in 's-Hertogenbosch) is 'n Nederlandse politikus wat aan die politieke party ChristenUnie behoort.

Schouten het bedryfskunde aan die Erasmus Universiteit Rotterdam gestudeer, en by die Nederlandse Ministerie vir Sosiale Sake en Werkgeleenthede asook vir die ChristenUnie se Tweede Kamer-groep gewerk. Sedert 18 Mei 2011 is sy 'n lid van die Tweede Kamer, waar sy haar met huisvesting, finansies, pensioene en hoër onderwys besig hou.

Schouten is afkomstig uit die Land van Heusden en Altena, waar sy in die dorpie Giessen opgegroei het, maar teenwoordig in Rotterdam woon. Sy is nie getroud, het 'n kind en is 'n lid van die Gereformeerde Kerke vrygemaak.

Bronne[wysig]

Eksterne skakels[wysig]