Casablanca

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Casablanca
الدار البيضاء
Twin Center, Boulevard Mohamed Zerktouni, Casablanca.JPG

Kaart Vlag
Casablanca Morocco-WFB-cs.jpg
Flag of Casablanca province.svg
Wapen
Blason Casablanca.jpg
 Land Vlag van Marokko Marokko
 Provinsie Grand Casablanca
 Koördinate 33°32′N 07°35′W
 Gestig op 7de eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal 324 vk km
 Hoogte bo seevlak 20 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2009) 4 150 000
 - Bevolkingsdigtheid 9 132/vk km
 - Metropolitaanse gebied 4 500 000
 Tydsone UTC +0
 Burgemeester Mohammed Sajid

Casablanca (Arabies: الدار البيضاء, ad-Dār al-bayḍāʾ; Arabies en Spaans vir: "Withuis") is die grootste stad van Marokko, groter as die hoofstad Rabat en geleë aan die Atlantiese Oseaan. Die stad het in 2009 'n bevolking van 4 150 000 gehad en het 'n oppervlakte van 324 km².

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die Portugese het die oorspronklike Berber nedersetting, wat gebou was op die hedendaagse stad, in 1468 vernietig en in 1515 het hulle hulle eie stad gebou wat hulle later weer verlaat het. In 1775 was die stad vernietig deur 'n aardbewing en was eers weer herbou in die negentiende eeu. Die stad se groei het eers begin nadat die Franse dit in 1907 beset het nadat fanatiese Moslems 'n aantal Europeërs vermoor het. Die Franse het toe die stad gebruik as 'n basis. In 1916 het die Franse die hawe voltooi.

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die Amerikaners by die stad aan wal gegaan en weerstand ondervind van die plaaslike Vichy-Franse. Die weerstand was van so aard dat die Amerikaners die stad bombardeer het met skepe en vliegtuie en groot skade aan die hawe aangerig het.

Gedurende Januarie 1943 het die beroemde konferensie hier plaasgevind toe die Geallieerde leiers hier ontmoet het.

Geboortes[wysig | wysig bron]