Catherine, Hertogin van Cambridge

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Catherine
Catherine, Hertogin van Cambridge
Catherine Elizabeth Middleton (colorized).jpg
Volle naam Catherine Elizabeth Mountbatten-Windsor, gebore Middleton
Eggenoot Prins William, Hertog van Cambridge
Titels * Catherine, Hertogin van Cambridge
* HKH die Hertogin van Cambridge
Huis Windsor
Vader Michael Francis Middleton
Moeder Carole Elizabeth Middleton, gebore Goldsmith
Gebore 9 Januarie 1982, Bucklebury,
Berkshire
Kate en William
Tydens die troue.

Catherine, Hertogin van Cambridge (Engels: Catherine, Duchess of Cambridge[1]; "gewone" naam: Catherine Elizabeth (Kate) Mountbatten-Windsor, gebore Middleton; gebore 9 Januarie 1982 in Reading, graafskap Berkshire) is die Engelse eggenote van die Britse prins William, Hertog van Cambridge, wat die tweede aanspraakmaker op die Britse troon is.

Lewensloop[wysig | wysig bron]

Die hertogin het in Bucklebury in die graafskap Berkshire grootgeword. Sy het die St. Andrew-skool in Pangbourne in die graafskap Berkshire en die Marlborough-kollege in die graafskap Wiltshire bygewoon, en daarna kunsgeskiedenis aan die Skotse Universiteit van St. Andrews gestudeer. Van November 2006 tot Oktober 2007 het sy by die klerefirma Jigsaw gewerk, en sedert einde 2008 by Party Pieces, 'n posbestellingsonderneming vir feesbenodigdhede en -versierings wat aan haar ouers behoort.

Sy is nie van adellike afkoms nie en is 'n lid van die Anglikaanse Kerk. Sy het 'n jonger suster (Pippa, gebore 1983) en broer (James, gebore 1987).

Kate en William het mekaar in 2001 aan die Universiteit van St. Andrews leer ken. Hulle het sedert 2002 'n verhouding gehad en het in Oktober 2010 verloof geraak. Die paartjie is op 29 April 2011 getroud. Sir Thomas Fairfax (c. 1475–1520), voorvader van die 17de-eeuse Engelse generaal sir Thomas Fairfax (1612–1671), is hul gemeenskaplike voorouer.[2] Die paartjie woon in Anglesey, 'n eiland in die noordweste van Wallis.

Op 22 Julie 2013 het sy die lewe geskenk aan 'n babaseuntjie in 'n Londense hospitaal. Die Britse koningshuis het 'n paar dae later bekend gemaak die nuweling se naam is George Alexander Louis, oftewel prins George van Cambridge. Die naam George, van ses konings, is ook die naam van koningin Elizabeth II se pa, George VI, wat die Britte tydens die Tweede Wêreldoorlog verenig het.[3] Hul tweede kind, Charlotte Elizabeth Diana, is op 2 Mei 2015 in Londen gebore. Die naam Charlotte is die vroulike vorm van Charles, vader van William, die naam Elizabeth is die tweede naam van Catherine en ook van haar moeder, Carole Middleton, en die eerste naam van koningin Elizabeth II, grootmoeder van William. Die naam Diana is die naam van Diana, Prinses van Wallis, William se moeder.[4]

Aanspreekvorm[wysig | wysig bron]

  • Tot 29 April 2011: mej. Catherine Middleton (Engels: Miss Catherine Middleton)
  • Sedert 29 April 2011: HKH die Hertogin van Cambridge (Engels: HRH The Duchess of Cambridge)

Volle aanspreekvorm in Engels: Her Royal Highness The Princess William Arthur Philip Louis, Duchess of Cambridge, Countess of Strathearn, Baroness Carrickfergus, Master of Arts.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Sedert 29 April 2011
  2. Reitwiesner, William Addams (2011).In Child, Christopher Challender: The Ancestry of Catherine Middleton (in Engels). Boston, Massachusetts: New England Historic Genealogical Society, 9, 16. ISBN 978-0-88082-252-7. 
  3. En die klein prins se naam is..., Nuus24, 25 Julie 2013
  4. Low, Valentine (5 Mei 2015). “Charlotte Elizabeth Diana: a name to honour the women in William's life” (in Engels). The Times: 1,4.

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Duitse, Engelse en Nederlandse Wikipedias.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: