Centurion

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Centurion
Verwoerdburg
Ligging van Centurion op 'n kaart (Gauteng)
Centurion
Centurion
Ligging van Centurion op 'n kaart (Suid-Afrika)
Centurion
Centurion
Koördinate: 25°51′37″S 28°11′22″O Koördinate: 25°51′37″S 28°11′22″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Metropolitaanse Munisipaliteit Stad Tshwane
Oppervlak
 - Stad 394,88 km²  (152,5 vk m)
Bevolking (2011)
 - Stad 236 580
 - Digtheid 600/km² (1 554/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode Busse: 0046
Strate: 0157
Skakelkode(s) 012
Die SuperSport Park-stadion in Centurion.

Centurion (voor 1994: Verwoerdburg) is 'n stad in die Gautengprovinsie, Suid-Afrika, geleë tussen Pretoria en Johannesburg.

Geskiedenis[wysig]

Centurion is gestig in 1964 as Verwoerdburg, vernoem na dr Hendrik Verwoerd, die Suid-Afrikaanse Eerste Minister van 1958 tot 1966. Die polities neutrale naam Centurion is gekies kort nadat die ANC (African National Congress) aan bewind gekom het in 1994. Dit het geen besondere betekenis nie en is waarskynlik gekies na aanleiding van Centurion Park (nou SuperSport-park) 'n krieketstadion in die gebied.

Ná afloop van die sogenaamde apartheidsera in 1994 is die Indiërwoonbuurt Laudium, wat vantevore deel was van Pretoria, ingelyf by Centurion. Die woonbuurt vir swart inwoners, Olievenhoutbosch, het as plakkerskamp begin en is mettertyd geformaliseer en deel van Centurion gemaak.

In 2000 het die Centurion plaaslike regering deel geword van die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit, wat Pretoria insluit, en die dorpsraad het ontbind.

Infrastruktuur[wysig]

Centurion is geleë op die kruising tussen die N1 (Johannesburg-Pretoria) en N14 (Krugersdorp-Pretoria) snelweë. Die R21 (Pretoria na O.R. Tambo Internasionale Lughawe) gaan ook deur Centurion.

Centurion is 'n groeiende stad, met verskeie moderne winkelsentrums (byvoorbeeld Centurion Mall, mall@reds, Lifestyle Centre en verskeie kleiner sentrums), goeie vermaaklikheidsplekke en verskeie gholfbane. Die Centurion Gholf- en Residensiële Landgoed en landgoedere in Eldoraigne se uitbreidings beskik oor uitstekende verblyfopsies. Die Unitas-hospitaal verskaf mediese dienste van topgehalte. Daar is ook verskeie klinieke en uitgebreide mediese praktyke vir die gemeenskap beskikbaar.

Die Highveld Techno Park-ontwikkeling huisves internasionale tegnologiemaatskappye soos Siemens Telekommunikasie, Grintek en selfs verskeie Telkom-geboue.

Sinkgate as gevolg van dolomiet is 'n algemene probleem in Centurion, en sinkgate kom ongelukkig gereeld voor. Streng voorwaardes vir geologiese toetse om bouplanne goedgekeur te kry help deels om die probleem te bekamp, maar dis veral die munisipaliteit wat moet sorg dat die waterpypnetwerk nie lek nie, en instandhouding van beide water- en rioollyne is besonder belangrik in Centurion.

Die dienste in Centurion is betreklik stabiel, en die stad het nie besonder baie las van kragonderbrekings of probleme met water en riool nie. Daar is wel kommer oor die gebrek aan skole en die verkeerslas, waarmee die staat nie tred gehou het met die uitbreiding van woonbuurte, veral in die suide van Centurion nie.

Vervoer[wysig]

Daar is 'n Gautrein-stasie in Centurion. Die stasie is naby die Centurion-meer in Weslaan geleë. Passasiers kry 'n panoramiese uitsig oor Centurion soos hulle die stasie binnekom of verlaat.

Die Lanseria-lughawe, sowat 30km van Centurion, is nog makliker bereikbaar as die groot lughawe naby Kempton Park en saam met maklike toegang na verskeie snelweë, is Centurion gerieflik verbind met sy omgewing en verder, wat die stad aantreklik maak vir 'n verskeidenheid besighede en baie konsultantfirmas.

Skole[wysig]

Daar is verskeie skole in Centurion -

Geografie[wysig]

Centurion is geleë in die oorgangsgebied tussen die Hoëveld- en die Bosveld-gebiede en die Hennopsrivier vloei deur die hart van Centurion. As gevolg van sy ligging het Centurion 'n besonder ryk voëllewe.

Woonbuurte van Centurion[wysig]

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]