Ceres

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die dorp "Ceres". Vir ander artikels met 'n soortgelyke benaming, sien asseblief die Ceres-dubbelsinnigheidsblad.
Ceres
Ceres se hoofstraat in die winter.
Ceres se hoofstraat in die winter.
Ligging van Ceres op 'n kaart (Wes-Kaap)
Ceres
Ceres
Koördinate: 33°22′0″S 19°19′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Kaapse Wynlande
Plaaslike Munisipaliteit Witzenberg
Stigting 1849
Bevolking (2010)
 - Stad 48 035
Tydsone SAST (UTC+2)
Webwerf: http://www.ceres.org.za/

Ceres is 'n dorp aan die Dwarsrivier in die Warm Bokkeveld, 127 km Noordoos van Kaapstad, 16 km vanaf Wolseley en 10 km vanaf Prince Alfred Hamlet. Dit is na die Romeinse godin vernoem vanweë die vrugbaarheid van die grond en is 'n belangrike vrugteverbouingsentrum en die plek waar die gelyknamige vrugtesap vervaardig word. Ceres pronk daarnaas ook met die grootse vrugteverpakkingsfabriek van die Suidelike Halfrond.

Ceres is die tweede belangrikste dorp in die Breederivierstreek na Worcester en die administratiewe en ekonomiese sentrum van die Witzenberg-Munisipaliteit. Baie mense beskou dit as een van die mooiste kleiner dorpe in Suid-Afrika.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is in 1854 deur Jan Frederick Munnik gestig en dit word 'n munisipaliteit in 1864. Die hoeksteen van die eerste NG kerkgebou is op 7 Mei 1854 deur die heer C. Piers, landdros van Tulbagh gelê. Die gemeente is op 21 Maart 1855 amptelik gestig en die eerste kerkgeboutjie op 5 Mei daardie jaar ingewy. In 1951 besluit die kerkraad om die derde gebou in die geskiedenis van die gemeente te bou.

Op 29 September 1969 het 'n aardbewing Ceres getref. Byna 70 persent van alle geboue in die dorp is beskadig; selfs die toring van die NG Kerk het na benede gestort.[1]

Klimaat[wysig]

Ceres lê in die Kaapse wintereënstreek met sy tipiese Mediterreense klimaat. Januarie en Februarie is die warmste maande met 'n gemiddelde maksimum van 29,9 °C in Februarie, terwyl temperature in die winter tot 'n gemiddelde minimum van 2,4 °C in Julie daal. Die gemiddelde jaarlikse reënval is 1 088 millimeter, met 'n gemiddelde maandelikse maksimum van 200 millimeter in Julie.

Sneeuvalle kom gereeld in die hoër geleë berggebiede voor. Veral die Matroosberg-gebied bly vir langer periodes met sneeu bedek, en 'n plaaslike skiklub het 'n berghut vir wintersport-geesdriftiges op die bergspits opgerig.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Koördinate: 33°22′S 19°19′O