Champ-de-Mars (Parys)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Suidoostelike uitsig vanuit die Eiffeltoring se boonste uitkykplek oor die Champ-de-Mars, met die wolkekrabber Tour Montparnasse in die agtergrond

Die Champ-de-Mars is 'n uitgestrekte oop terrein in die Sewende Arrondissement van die Franse hoofstad Parys, met die Eiffeltoring aan die noordwestelike en die École Militaire (Militêre Skool) aan die suidoostelike kant. Sy naam beteken "Marsveld" en is afgelei van die Romeinse oorlogsgod Mars, 'n verwysing na die militêre opleiding wat hier vroeër plaasgevind het.

Die Champ-de-Mars is die skouplek van 'n bloedbad tydens die Franse Rewolusie. Op 17 Julie 1791 vergader 'n menigte Parysenaars om 'n petisie vir die verwydering van koning Lodewyk XVI te teken. Soldate onder die bevel van die Marquis de la Fayette skiet sowat vyftig mense.