Chichén Itzá

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Voor-Spaanse stad van Chichén Itzá*
Unesco-wêrelderfenisgebied

Chichen Itza 3.jpg
Die Kukulkan-piramide in Chichén Itzá
Ligging van Chichén Itzá op 'n kaart (Meksiko)
Chichén Itzá
Chichén Itzá
Ligging van Chichén Itzá in Meksiko
Koördinate: 20°41′03″N 88°34′07″W
Lande Vlag van Meksiko Meksiko
Tipe Kultuur
Kriteria i, ii, iii
Verwysings 483
Streek Noord-Amerika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1988  (12de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
Ligging van Chichén Itzá op Yucatan.
Kaart van Chichén Itzá.

Chichén Itzá is een van die belangrikste ruïnes op die Meksikaanse Yucatan-skiereiland. Die stad behoort tot die latere Maya-kultuur en is sowat 120 kilometer oos van die hoofstad Mérida in die deelstaat Yucatán geleë.

Met 'n amptelike oppervlak van 1547 hektaar[1] is Chichén Itzá een van die grootste argeologiese vindplekke in Yucatán. Die sentrum word deur talle monumentale voorstellingstelsels met 'n godsdienstige en politieke agtergrond beheers, wat deur die behuisingskomplekse van die boonste laag omring word.

Tussen die 8ste en die 11de eeu moet hierdie stad 'n nasionaal belangrike rol gespeel het.

Deur die toeristiese ontwikkeling van Yucatán het Chichén Itzá die tweede mees besoekte argeologiese vindplek van Meksiko ná Teotihuacán geword. Die Voor-Spaanse stad van Chichén Itzá is in 1988 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (es) Francisco Pérez Ruiz: Perspectivas y desarrollo de plano de Chichen Itza, desde el siglo XVI hasta el presente. In: XVII Simposio de Investigaciones Arqueológicas en Guatemala, Museo Nacional de Arqueología y Etnología, Guatemala, 2003. bl. 982–989.