Christiana

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Christiana
Ligging van Christiana op 'n kaart (Noordwes)
Christiana
Christiana
Koördinate: 27°54′S 25°09′O Koördinate: 27°54′S 25°09′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noordwes
Distriksmunisipaliteit Dr. Ruth Segomotsi Mompati
Plaaslike Munisipaliteit Lekwa-Teemane
Bevolking (2010)
 - Stad 15 241
Tydsone SAST (UTC+2)
Die SAR Klass 6E1 Series 3 staan op Christiana se stasie.

Christiana is 'n dorp in die suidweste van Noordwes op die oewer van die Vaalrivier.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp het sy bestaan te danke aan diamante. Weens baie dispute oor grondbesit in die onderste lope van die Vaalrivier, het die regering in 1870 besluit om 'n dorp te stig op die plaas Zoutpansdrif en die eerste woonerwe is verkoop. Dit is vernoem na die dogter van die Voortrekkerleier Andries Pretorius, wat die rivier hier oorgesteek het. Twee jaar later is diamante ook in die spoelgruis van die Vaalrivier by Christiana ontdek wat tot nog 'n diamantstormloop gelei het. Die stormloop het ook gou tot 'n einde gekom.

Distrik[wysig]

Die distrik is 1 900 km2 groot. Die produksie van beesvleis, mielies, sorghum, grondbone en katoen is die belangrikste ekonomiese bedrywighede. Dit is vandag 'n belangrike boerderysentrum en veral weens die nabyheid van die Vaalharts-besproeiingskema.

Die N12 nasionale pad gaan deur Christiana.

Trivia[wysig]

Die Rob Ferreira-natuurreservaat en vakansieoord is ongeveer 6 km noordoos van die dorp. Die mineraal fonteine se water is louwarm (36.7°C). Chrsitiana is ook die eerste dorp waar die Britse magte die Transvaalse grens oorgesteek het tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]