Chronosone

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

’n Chronosone is die chronostratigrafiese weergawe van ’n geochronologiese chron. Dit is die eenheid waarin etages verdeel word en word self nie verder verdeel nie. Dit is dus die kleinste chronostratigrafiese eenheid.

In bepaalde gevalle is dit noodsaaklik om tussen chronosones en etages aanvullende eenhede te hê. Dié eenhede word onderskeidelik super-chronosones en sub-etages genoem.

Geologiese en stratigrafiese tydperke
  Geochronologiese tydperke   EonEraPeriodeEpogTydsnedeChron
  Chronostratigrafiese eenhede   EonoteemErateemSisteemSerieEtageChronosone
  Litostratigrafiese eenhede   SupergroepGroepSubgroepFormasieAfsettingLaag