Clanwilliam-geelvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Clanwilliam geelvis)
Spring na: navigasie, soek
Clanwilliam-geelvis
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Cypriniformes
Familie: Cyprinidae
Genus: Labeobarbus
Spesie: L. capensis
Binomiale naam
Labeobarbus capensis
(A. Smith, 1841)
Sinonieme

Barbus capensis Smith, 1841

Die Clanwilliam-geelvis (Labeobarbus capensis) is 'n varswatervis wat natuurlik voorkom in die Olifantsrivier van Namakwaland. In Engels staan dit bekend as die Clanwilliam yellowfish.

Voorkoms[wysig]

Die vis het twee pare baarde om die mond. Die onvolwasse visse is silwerkleurig met donker vlekke en die volwasse visse is goudkleurig. Die vis word tot 987 mm lank en weeg 10 kg. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 5,679 kg.

Habitat[wysig]

Hulle verkies diep poele en die strome van groter sytakke om in te leef en is omnivore. Hulle eet alge en waterongewerweldes soos insekte, slakke en krappe. Groter visse eet ook paddas en klein vissies. Die spesie broei in die somer; die wyfie swem stroomop om haar eiers te lê.

Voortbestaan[wysig]

Die vis se voortbestaan word bedreig deur damme en die invoer en vrylating van karp, 'n uitheemse vis, en word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Eksterne skakel[wysig]