Clocolan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Clocolan
Clocolan, 2004
Clocolan, 2004
Ligging van Clocolan op 'n kaart (Vrystaat)
Clocolan
Clocolan
 Clocolan se ligging in Vrystaat
Koördinate: 28°54′50″S 27°34′01″O Koördinate: 28°54′50″S 27°34′01″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distrik Thabo Mofutsanyana
Munisipaliteit Setsoto
Stigting 1907
Oppervlak[1]
 - Dorp 19,0 km²  (7,3 vk m)
Hoogte 1 316 m (4 318 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 17 602
 - Digtheid 926/km² (2 398,3/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 95.7%
 • Kleurling 0.3%
 • Indiër/Asiër 0.3%
 • Blank 3.6%
 • Ander 0.1%
Taal (2011)[1]
 • Sotho 86.4%
 • Engels 5.3%
 • Afrikaans 5.2%
 • Gebaretaal 1.8%
 • Ander 1.3%
Poskode (straat) 9735
Poskode (posbus) 9735
Skakelkode(s) 051

Clocolan is 'n dorpie in die Oos-Vrystaat en is in 1907 gestig. Die dorpie lê aan die R26, halfpad tussen Bethlehem en Bloemfontein. Die dorp is gestig op die plase Reinzi en Harold en het sy naam te danke aan die Afrikanerboere wat in die omgewing geboer het wat die uitspraak van die "Hlohlowane"-berg (wes van die huidige Clocolan) verkeerd gehad het. "Hlohlowane" is 'n Sothowoord en beteken "rif van die veldslag".

Die Oos-Vrystaat is alombekend vir die majestueuse sandsteenformasies in die omgewing. Clocolan maak deel uit van die gebied wat van Lesotho verower is gedurende die Basotho-oorloë van die vroeë 1800s. Die area is ryk aan geskiedenis van die Afrikaners wat hulle hier gevestig het asook die Basotho wat hier gewoon het. Die dorp is die gasheer vir die jaarlikse Veteraantrekker-uitstalling in Maart.

Clocolan het die tweede kleinste distrik in Suid-Afrika maar is een van die beste landboudistrikte in die land. Die area is bekend vir die verbouing van koring en mielies, groot kuddes beeste en skape en die produksie van spesialiteitsvrugte soos kersies.

"Die Plaashuis"-gastehuis is een van die bekendstes in Clocolan en spog met 'n vyfstergraad. Die beskikbare kamers is Ouma Dot se kamer, Oupa Sarel se kamer, Oom Koos se kamer, Tant Ali se kamer, Tannie Maggie se kamer en die Lady Ann kothuis.

Die gemiddelde somertemperatuur wissel tussen 15°C en 32°C en die wintertemperatuur wissel tussen 1°C en 17°C. Die dorp lê in 'n somerreënvalgebied.

Sien ook[wysig]

Eksterne Skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Hlohlolwane en Clocolan tydens die 2011-Sensus.