Coma-sterrestelselswerm

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Coma-sterrestelselswerm
’n Mosaïek van die Coma-sterrestelselswerm in langgolflengte-infrarooi (rooi), kortgolflengte-infrarooi (groen) en sigbare lig.
’n Mosaïek van die Coma-sterrestelselswerm in langgolflengte-infrarooi (rooi), kortgolflengte-infrarooi (groen) en sigbare lig.
Soort stelsel Sterrestelselswerm
Sterrebeeld Berenice se Hare
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 12h 59m 49s[1]
Deklinasie +27° 58′ 50″[1]
Afstand (ligjaar) 333 miljoen[1]
Rooiverskuiwing 0,0231 (6 925 km/s)[1]
Helderste stelsel NGC 4874 en NGC 4889
Aantal stelsels > 1 000
Bindingsmassa ~7×1014 M[2]
Ander name
Abell 1656
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Coma-sterrestelselswerm (Abell 1656) is ’n groot sterrestelselswerm met meer as 1 000 geïdentifiseerde sterrestelsels. Dit en die Leo-sterrestelselswerm (Abell 1367) is die twee grootste swerms wat die Coma-superswerm vorm.[3] Die Coma-swerm is geleë in die sterrebeeld Berenice se Hare (Coma Berenices) en is na dié sterrebeeld genoem.

Die swerm se gemiddelde afstand van die Aarde af is 321 miljoen ligjare (99 miljoen parsek).[4][5] Sy 10 helderste spiraalsterrestelsels het ’n skynbare magnitude van 12–14 en is sigbaar met amateur-teleskope groter as 20 cm.[6] Die sentrale streek word oorheers deur twee reusagtige elliptiese sterrestelsels: NGC 4874 en NGC 4889.[7]

Die swerm is ’n paar grade van die galaktiese noordpool. Die meeste van die stelsels in die sentrale deel is ellipties. Daar is talle reuse- en dwergstelsels in die Coma-swerm.[8]

Eienskappe[wysig]

Die majestueuse spiraalsterrestelsel NGC 4911 is diep in die Coma-swerm geleë.

Soos gewoonlik in sulke ryk swerms is die meeste van die sterrestelsels elliptiese S0-stelsels, met net ’n paar spiraalstelsels wat jonger en nader aan die rand van die swerm.

Die Coma-sterrestelselswerm is een van die eerste plekke waar swaartekragafwykings op die bestaan van ’n onsigbare massa gedui het. In 1933 het Fritz Zwicky daarop gewys die stelsels van die Coma-swerm beweeg te vinnig dat dit net deur sy sigbare materie saamgebind word.

Hoewel die idee van donker materie eers sowat 50 jaar later aanvaar is, het Zwicky selfs geskryf dat die stelsels saamgebind moet wees deur ’n soort dunkle Materie.[9] Daar word geglo omtrent 90% van die massa van die Coma-swerm bestaan uit donker materie.

’n Uitgebreide X-straalbron is reeds in Augustus 1966 uit die rigting van die Coma-swerm waargeneem.[10] Die X-straalsterrewag-satelliet Uhuru het ’n sterk X-straalbron naby die middel van die swerm waargeneem wat Coma X-1 genoem is.[11] Aangesien dit ’n uitgebreide bron is wat oor sowat 5º strek, is die moontlikheid uitgesluit dat dit van net een sterrestelsel afkomstig is.[11]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 NASA/IPAC Extragalactic Database”. Results for Abell 1656. URL besoek op 2006-09-19.
  2. (May 2009) “A weak lensing study of the Coma cluster” (PDF). Astronomy and Astrophysics 498 (2): L33-L36. DOI:10.1051/0004-6361/200911841. Besoek op 2012-02-26.
  3. The Coma Supercluster”.
  4. 2MASS Atlas Image Gallery: Galaxy Groups and Clusters”. Infrared Processing and Analysis Center. URL besoek op 2010-05-02.
  5. Colless, M (2001). "Coma Cluster". Encyclopedia of Astronomy and Astrophysics. Ed. P Murdin. Bristol Institute of Physics publishing. URL besoek op 2006-10-08. 
  6. Singapore Science Centre. “ScienceNet - Astronomy & Space Science - Observatories/ Telescopes - Question No. 13490”. URL besoek op 2012-02-25.
  7. Conselice, Christopher J., Gallagher, John S., III (1998). “Galaxy aggregates in the Coma cluster” (PDF). Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 297 (2): L34–L38. DOI:10.1046/j.1365-8711.1998.01717.x. Besoek op 6 Maart 2012.
  8. Newswise: Hubble's Sweeping View of the Coma Cluster of Galaxies URL besoek op 11 Junie 2008.
  9. Panek, Richard (2011). The 4 Percent Universe: Dark Matter, Dark Energy, and the Race to Discover the Rest of Reality. New York: Houghton Mifflin Harcourt, 46-47. 
  10. Boldt E, McDonald FB, Riegler G, Serlemitsos P (1966). “Extended source of energetic cosmic X rays” (GIF). Phys Rev Lett. 17 (8): 447–50. DOI:10.1103/PhysRevLett.17.447. Besoek op March 6, 2012.
  11. 11,0 11,1 Gursky H, Kellogg E, Murray S, Leong C, Tananbaum H, Giacconi R (Aug 1971). “A strong X-ray source in the Coma cluster observed by Uhuru” (PDF). Astrophysical Journal 167 (8): L81–4. DOI:10.1086/180765. Besoek op March 6, 2012.

Eksterne skakels[wysig]

Koördinate: Sky map 12h 59m 49s, +27° 58′ 50″

Sterrestelsels
Soorte stelsels   Elliptiese sterrestelselLensvormige sterrestelselSpiraalsterrestelselOnreëlmatige sterrestelselDwergsterrestelselSteruitbarsting-sterrestelselDonker sterrestelsel
Strukture   SwartkolkGalaktiese uitbultingStaafSkyfSpiraalarmGalaktiese haloInterstellêre mediumKwasar
Interaktiewe stelsels   SterrestroomAktiewe sterrestelselInteraktiewe sterrestelselSatelliet-sterrestelselSterrestelselswermSuperswermGalaktiese filamentGroot kwasargroep