Congress of the People

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Congress of the People
COPE
Leier Mosiuoa Lekota
Gestig 16 Desember 2008
Hoofkwartier Frickerweg 34-36
Illovo
Sandton
Ideologie Sosiaal-demokraties
Internasionale affiliasie Geen
Amptelike kleure Geel
Webblad http://www.congressofthepeople.org.za/

Die Congress of the People (COPE, "Kongres van die mense") is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in 2008 gestig is deur voormalige lede van die ANC.[1] Die party word gelei deur voormalige ANC-lede Mosiuoa Lekota, Mbhazima Shilowa en Mluleki George en het deelgeneem aan die 2009-verkiesing. Die party se totstandkoming is aangekondig na 'n nasionale byeenkoms in Sandton op 1 November 2008 en is amptelik tydens 'n kongres gestig in Bloemfontein op 16 Desember 2008. Die naam herinner aan die 1955-kongres, ook getiteld Congress of the People, waartydens die Vryheidsmanifes deur die ANC en ander partye aangeneem is.

Die party se oogmerk is om die Suid Afrikaanse Grondwet te beskerm.

Verkiesingsresultate[wysig]

Verkiesing Stemme % Setels
2014 123,235 0.67 3
2009 1,311,027 7.42 30

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]