Convair B-36

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Convair B-36
Convair B-36 Peacemaker.jpg
Tipe Strategiese bomwerper
Bemanning 13 of 15
Eerste vlug 8 Augustus 1946
Vervaardigers Consolidated Vultee
Afmetings
Lengte 49,42 m
Vlerkspan 70,12 m
Hoogte 14,25 m
Vlerkoppervlak 443,5 m²
Massa en kapasiteit
Leë gewig 75 530 kg
Maksimale opstyggewig 186 000 kg
Bomvrag 32 700 kg
Veggewig 119 318 kg
Kragbron
Enjins 6 Pratt & Whitney R-4360-Wasp Major-radiaal-enjins
B-36D en latere ontwerpe: 2 of 4 bykomende General Electric J47-19 stralerenjins
Werkverrigting 6 x 2 835 kW
Snelheid
Kruissnelheid 370 km/h
Maksimale snelheid 672 km/h
Afstand 6 415 km
Vlieghoogte 13 300 m
Snelheid tydens opstyging 10,1 m/s

Die Convair B-36 "Peacemaker" was 'n strategiese bomwerper wat deur Convair vervaardig en tussen 1949 en 1959 uitsluitlik deur die Amerikaanse Lugmag (United States Air Force, USAF) gebruik is.

Die B-36 was die grootste massavervaardigde suierenjin-vliegtuig en het met 70,1 meter die langste vlerkspan van enige vegvliegtuig gehad wat ooit gebou is, alhoewel enkele groter militêre vervoervliegtuie vervaardig is. Die B-36 was die eerste bomwerper wat in staat was om enige kernwapen uit die Amerikaanse arsenaal regstreeks vanuit sy vier bomruimtes af te gooi sonder dat wysigings aan die vliegtuig aangebring moes word. Met 'n maksimale afstand van 9 700 kilometer en 'n maksimale bomvrag van 33 000 kilogram was die B-36 die eerste bemande interkontinentale bomwerper ter wêreld.

Met die ontwikkeling van die B-36 is in die vroeë 1940's begin nadat die militêre gebeutenisse in Europa vrese oor 'n Duitse inval in die Verenigde Koninkryk laat ontstaan het. Ná 'n moontlike Duitse besetting van die VSA se belangrikste bondgenoot sou hierdie bomwerpers in staat wees om teikens in Europa vanuit die Amerikaanse vasteland te bereik, met tussenlandings in die Amerikaans-besette Ysland.

Vanaf Februarie 1956 is B-36-bomwerpers geleidelik deur B-52's vervang. Die laaste vliegtuig is in Februarie 1959 buite bedryf gestel.

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Media