Kookhuis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Cookhouse)
Spring na: navigasie, soek
Kookhuis
Cookhouse
Ligging van Kookhuis op 'n kaart (Oos-Kaap)
Kookhuis
Kookhuis
Koördinate: 32°45′S 25°49′O Koördinate: 32°45′S 25°49′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distriksmunisipaliteit Cacadu
Plaaslike Munisipaliteit Bloukraanroete
Oppervlak
 - Dorp 50,98 km²  (19,7 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 5 707
 - Digtheid 110/km² (284,9/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 5820
Skakelkode(s) 042

Kookhuis (ook bekend as Cookhouse in Engels) is ’n klein dorp in die Oos-Kaap-provinsie, Suid-Afrika. Die N10 nasionale pad loop deur Kookhuis en die naaste groot dorp is Somerset-Oos. Dit is ’n belangrike spoorwegaansluiting; die hooftrajek tussen Johannesburg en Port Elizabeth loop deur Kookhuis. Die spoorlyn vanaf Port Elizabeth het Kookhuis teen 1880 bereik. Daar is ook taklyne na Somerset-Oos en nog een na Oos-London.

Die Groot-Visrivier vloei deur die dorp. Naby Kookhuis funksioneer ook ’n deel van die Oranjerivierprojek; ’n tonnel wat water van die Oranjerivier van die Groot-Visrivier na die Sondagsrivier lei.

Die plaaslike NG gemeente, Visriviervallei, is by die NG gemeente Somerset-Oos ingelyf nadat die lidmate met die jare so afgeneem het dat die gemeente nie meer op sy eie kon voortbestaan nie.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]