Cornwall, Ontario

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Cornwall
Cornwall ON 1.JPG
Official Vlag van Cornwall
Vlag
Ligging van Cornwall in Ontario, Kanada
Ligging van Cornwall in Ontario, Kanada
Koördinate: 45°01′39″N 74°44′24″W
Land Vlag van Kanada Kanada
Provinsie Ontario
Stigting 1784
Regering
 - Burgemeester Bob Kilger
Oppervlak
 - Stad 61,52 km²  (23,75 vk m)
 - Metro 509,03 km² (196,54 vk m)
Hoogte 64 m (209,97 vt)
Bevolking (2011)
 - Stad 46 340
 - Digtheid 753,2/km² (1 951/vk m)
 - Metropolitaans 58 957
 - Metrodigtheid 115,8/km² (300/vk m)
Tydsone EST (UTC-05:00)
 - Somer (DST) EDT (UTC-04:00)
Poskode K6H, K6J
Skakelkode(s) 613 en 343
Webwerf: cornwall.ca

Cornwall is 'n stad in die suidooste van die Kanadese provinsie Ontario, sowat 100 kilometer van Ottawa en Montréal. Cornwell lê teen die Saint-Laurentrivier, digby die grens van Québec. Die stad met sowat 46 340 inwoners (metropolitaanse gebied: 58 957, 2011) is die hoofkwartier van die Seaway Authority. Die Seaway International-brug verbind die stad met Massena, New York, in die VSA.

Die tekstiel- en papiernywerheid is die vernaamste werkgewers. Die waterkragsentrale by die Moses-Saunders Power Dam word deur 'n Kanadese en 'n Amerikaanse maatskappy beheer en lewer jaarliks meer as twee miljoen kWh op. In die middel van die damwal met 'n lengte van 985 meter word die Kanadees-Amerikaanse grenslyn deur 'n vlag gemerk.

Die eerste nedersetters in Cornwall was Lojaliste uit New York, wat in 1784, tydens die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog, na Kanada vlug. Die stad se vroeëre naam New Johnstown word ter ere van Prins George, hertog van Cornwall, gewysig. Cornwall het 'n groot persentasie Franstalige inwoners (31,5 persent in 2001).

Die Upper Canada Village is 'n opelugmuseum wat die tydperk rondom die jaar 1860 behandel. Ambagsmanne in historiese kleredrag wys hoe in dié tyd skoene, meubels en ander voorwerpe vervaardig is. Saag- en koringmeulens en 'n bakkery kan eweneens besoek word.