Cullinan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Cullinan
Ligging van Cullinan op 'n kaart (Gauteng)
Cullinan
Cullinan
Koördinate: 25°40′22″S 28°31′15″O Koördinate: 25°40′22″S 28°31′15″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Metropolitaanse Munisipaliteit Stad Tshwane
Oppervlak
 - Dorp 27,38 km²  (10,6 vk m)
Hoogte 1 476 m (4 843 vt)
Bevolking (2001)
 - Dorp 7 684
 - Digtheid 280/km² (725,2/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode Busse: 1000
Strate: 1000
Skakelkode(s) 012
Webwerf: http://www.cullinan.za.net/

Cullinan is 'n myndorpie in die provinsie Gauteng (Suid-Afrika), sowat 40 km van Pretoria en 100 km van Johannesburg af en lê op 'n hoogte van 1 476m bo seevlak[1].

Die dorp is vernoem na Sir Thomas Cullinan, wat hier in 1902 'n diamantpyp ontdek het.

In die jaar 1903 word die Premiermyn geopen. Op 25 Junie 1905 ontdek Frederick Wells, 'n bestuurder van die Premiermyn-maatskappy, die beroemde Cullinan-diamant, die grootste ter wêreld met 'n gewig van 3 106 karaat of 621,2 gram. Dit is deur die Transvaalse regering gekoop en aan die Britse koning Edward VII geskenk.

Cullinan se omgewing spog met 'n aantal rustige vakansieoorde soos Little Eden en Boekenhoutkloof.

Besienswaardighede[wysig]

  • Die voormalige huis van die Premiermyn se eerste hoofbestuurder, William McHardy, huisves die McHardy-museum. Die museum is in die jaar 1988 oopgestel vir besoekers en spog met 'n kenmerkende ventilasietoring op sy dak en 'n outentieke Victoriaanse tuin.
  • Die Anglikaanse kerk St. George met sy opvallende klipboustyl is deur die argitek sir Herbert Baker ontwerp.
  • Die kliphuise in Cullinan se hoofstraat Oaklaan ontstaan in die jaar 1904. Die laan bekoor met die historiese Nedbankgebou van sandsteen, tipiese sinkgeboue en pragtige jakarandabome.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]