Döbereinerlamp

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Döbereinerlamp

Die döbereinerlamp is 'n aflogistiese lamp (wat sonder 'n vlam brand). Dit word in 1823 as verbetering op die Fürstenbergerlamp deur die Duitse chemikus Johann Wolfgang Döbereiner ontwikkel en versprei tot so 1880.[1][2] Hierdie ontdekking waar vuur gemaak word sonder vuursteen, tonteldoos of vuurhoutjie was 'n internasionale sensasie.

Die döbereinerlamp word vandag uitgestal in die Deutsches Museum, in die Stadsmuseum in Braunschweig, in die ou apteek in die Helderbergkasteel en die Museum Bayerisches Vogtland in Döbereiner se geboortestad.

Hoe die döbereinerlamp werk[wysig]

In 'n glastoestel gevul met verdunde swaelsuur is 'n klokglas met 'n sinkfles. Die boonste deel van die klokglas is met 'n klep verseël wat deur 'n hefboom oopgemaak kan word, waarna die gas uit die klok ontsnap, die swaelsuur in die glasklok styg en met die sink reageer. Deur hierdie reaksie ontstaan waterstof wat deur die klep ontsnap en oor 'n "platinumspons" (fynverdeelde platinum) gelei word.

Deur platinum kataliseer die reaksie van waterstof met suurstof (2 H2 + O2 → 2 H2O: Knalgasreaksie). Deur hierdie hitte vry te stel (eksotermiese reaksie) is die gasmengsel ontsteek en brand om water te vorm.

Los mens die hefboom, sluit die klep weer, die waterstofgas kan nie meer boontoe ontsnap nie en die suur word uit die glasklok terug in die reservoir gedruk.

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Döbereinerlamp (kategorie)
  1. Feuererzeugende Geräte”. www.ijon.de. URL besoek op 2009-11-29.
  2. Gedanken zum Feuer, von Joachim Acker”. www.pfeife-tabak.de. URL besoek op 2009-11-29.