Dagbreek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Dagbreek vanuit die lug.
Dagbreek se eie Eiffeltoring.

Dagbreek, ook bekend as die “John Murray Huis” (genoem na 'n stigter van die teologiese Kweekskool aan die Universiteit Stellenbosch) of die “Huis van Roem en Faam” is die grootste sowel as die tweede oudste manskoshuis op Stellenbosch. Dit is in die hartjie van Stellenbosch geleë en dit is ook 'n sentrale punt van die kampus. Dagbreek het 'n huis geword vir duisende mansstudente aan die Universiteit van Stellenbosch vandat die huis se deure oopgemaak het in 1921. Die trotse inwoners van dié huis word dikwels na verwys as “Daggies” of “Dagbrekers”.

Die Gebou[wysig]

Dagbreek het 'n vierkantige gebou met 'n groot grasperk in die binnehof. Dit bestaan uit sewentien bewoonde seksies waarvan die meeste vier kamers en 'n badkamer op elke vloer het. Seksies een to sewe maak die Seniorhuis uit en ag tot agtien die Juniorhuis. Seksie 16 bestaan uit 'n eetsaal en 'n sosiale saal. Hierdie boustyl wat uniek is onder die koshuise op Stellenbosch het 'n besondere effek op die lewe in die koshuis. Verskillende seksies het elkeen hul eie karakter en tradisies en kompetisies tussen die verskillende seksies is 'n daaglikse gesig.

Wynand Louw[1] was die argitek van Dagbreek. Die bouery het in 1920 begin en die eerste deel (seksies een tot sewe) is in 1921 voltooi. JD Conradie, die eerste inwoner, was een van 27 inwoners wat in die eerste jaar van die huis se bestaan inwoners was. Huislede moes aanvanklik vir hulself kos voorberei, maar die stelsel het nie goed gewerk nie en die res van die koshuis se bouwerk het in 1925 begin. Die nuwe gedeelte het 'n eetsaal sowel as 'n sosiale saal ingesluit. Ander kamers in die gebou sluit 'n TV-kamer, Huis Komitee-kamer, gebedskamer, snoekerkamer, waskamer, snoepie, argief en 'n klub in. Dagbreek het ook sy eie gimnasium in die koshuis.

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Dagbreek (kategorie)