Danie Craven

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Danie Craven Sportportaal
DanieCraven.jpg
Volle naam Daniel Hartman Craven
Geboortedatum 11 Oktober 1910
Geboorteplek Lindley (Suid-Afrika)
Sterftedatum 4 Januarie 1993 (82 jaar oud)
Sterfteplek Stellenbosch (Suid-Afrika)
Lengte 1,78 m
Gewig 79,8 kg
Bynaam Mnr. Rugby
Rugbyloopbaan
Posisie(s) Skrumskakel, Losskakel, Senter, Agtsteman, Heelagter
Professionele klubs
Maties
Albany
Garrison
korrek op .
Provinsiale/Staatspanne    
WP
OP
N-Tvl
korrek op .
Nasionale span(ne) Wedst (pte)
1931-1938 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 16 (6)
korrek op .
Spanne afgerig
{{{ru_afrigtingsjare}}} Maties
Springbokke
korrek op .
Ander Inligting
Beroep Professionele rugbyspeler
Skool Hoërskool Lindley
Universiteit Universiteit van Stellenbosch
Universiteit van Pretoria
Eggenote Beyera Hayward
Merle Vermeulen
Kinders George, Daniel, James, Joan

Daniël Hartman Craven (gebore op 11 Oktober 1910 in Lindley, Suid-Afrika, oorlede op 4 Januarie 1993 Stellenbosch, Suid-Afrika), eerder bekend as Danie Craven of Dok Craven, is 'n voormalige Westelike Provinsie, Oostelike Provinsie, Noord-Transvaal en Springbok rugbyspeler asook een van Suid-Afrika se beste en bekendste rugby administrateurs. Hy het ook die Springbokke tussen 1949 en 1956 afgerig. As springbokafrigter was hy een van die mees suksesvolle afrigters van alle tye. Hy was Suid-Afrika se negentiende Springbokkaptein.

Vroeë lewe[wysig]

Danie is gebore as die derde van sewe kinders. Hulle was ses seuns en een dogter, Myra, wie ook die jongste was. Hy is in 1938 getroud met Beyera Hayward, dogter van George Hayward LP. Uit daardie huwelik is drie seuns (George, Daniel en James) en 'n dogter (Joan) gebore. Na die dood van Beyera is Danie met Merle Vermeulen getroud.

Opvoeding[wysig]

Danie het sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Lindley voltooi waarna hy na die Universiteit van Stellenbosch is om in die sielkunde te gaan studeer. Daar het Danie uitgeblink en sy BA-grade in Sosiale Wetenskappe (1931) en Sosiale Antropologie (1932) verwerf. Hy het die graad Magister Artium in Etnologie (cum laude) in 1933 verwerf. Daarna het hy doktorsgraad in etnologie (volkekunde) in 1935 verwerf. Hy het gedurende 1960 en 1961 sy sielkunde II en III voltooi en daarna, in 1962, sy honneurs in sielkunde (cum laude) geslaag. In 1964 het hy 'n meestersgraad in sielkunde verwerf. In 1973 het hy, by die Universiteit van Pretoria 'n doktorsgraad in sielkunde verwerf. Hy het teruggekeer na Stellenbosch om in 1978 'n doktorsgraad in liggaamlike opvoeding te voltooi. Hy het ook 'n eredoktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch gekry in Literatuur en Filosofie.

Rugby[wysig]

Loopbaan[wysig]

Foto van Danie Craven.
Standbeeld van Danie Craven en Bliksem by Coetzenburg in Stellenbosch.

Danie se hoofposisie was skrumskakel - hy word gereken as een van die beste duik-aangeërs van alle tye - maar het ook verskeie kere uitgedraf op senter, losskakel en agtsteman. Hy het ook eenkeer as heelagter uitgedraf in 'n vriendskaplike wedstryd teen Australië. Sy grootste invloed was die legendariese A.F. Markötter van Stellenbosch wat op 'n keer aan Danie gesê het: "Onthou net, ek skreeu net op mense van wie ek hou." Hy het klubrugby gespeel vir die Universiteit van Stellenbosch, Albany (in Grahamstad, Garrison (in Pretoria) en hy het ook een wedstryd vir Steytlerville gespeel. Hy het vir die Westelike Provinsie, Oostelike Provinsie en Noord-Transvaal in provinsiale rugby uitgedraf. Van 1938 tot 1949 was 'n 'n keurder vir die Springbokspan. In 1949 het hy begin om die Springbokke af te rig, nadat hy die span van die Universiteit van Stellenbosch afgerig het. Hy was tot 1956 nasionale rugby-afrigter. In sy era het die Springbokke 23 toetse gespeel waarvan hulle 17 gewen het. In 1956 het hy die President van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad geword en was aan die hoof daarvan tot 1992, toe hy en Ebrahim Patel mede-presidente geword het van die nuutgestigte Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie (nou SARU). In 1957 het hy 'n lid van die Internasionale Rugbyraad geword en hy was die voorsitter in 1962, 1973 en 1979.

Statistiek[wysig]

Danie het op 5 Desember 1931 sy internasionale debuut teen Wallis in Swansea gemaak toe hy 21 jaar en 55 dae oud was. In daardie stadium het hy nog nie eens provinsiale rugby gespeel nie. Sy laaste toets was op 10 September 1938 (as kaptein) teen die Britse en Ierse Leeus in Kaapstad. Hy het in 28 internasionale wedstryde gespeel waarvan 16 toetswedstryde (vier as kaptein) en waarvan 12 aan die wenkant was en vier aan die verloorkant. Hy het in 22 ander toerwedstryde vir die Springbokke gespeel. Hy het ook in vyf posisies gespeel, nl.: skrumskakel, losskakel, senter, agtsteman en heelagter (hy was in 'n provinsiale wedstryd teen Queensland op heelagter). Ná sy aanstelling as afrigter in 1949 het die Springbokke hulle eerste tien wedstryde gewen, wat 'n reekssege van 4-0 teen die besoekende Nieu-Seelandse span ingesluit het.

Hoogtepunte[wysig]

Danie het die Suid-Afrikaanse span in die eerste toets teen Nieu-Seeland aangevoer in Wellington in 1937 en in al drie toetse teen die Britse en Ierse Leeus in 1938. Hy het die loting gewen in die laaste drie toetse met 'n gelukkige goue tien-shillingstuk wat die Burgemeester van Johannesburg aan hom gegee het. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog wat Danie maar 27 jaar oud en sy speeldae verby. Die volgende toets wat Suid-Afrika sou speel was 11 jaar later met Craven as keurderen afrigter. Op die Springboktoer van 1931-32, toe Danie 'n speler was, het die Bokke slegs een toerwedstryd verloor. Met die Springboktoer van 1951-52, met Danie as afrigter, het hulle ook net een toerwedstryd verloor.

In 1988 het hy, teen die wense van die regering, na Harare gereis om samesprekinge met die leiers van die ANC te hou (wat op die tydstip 'n kriminele oortreding was) om 'n enkele rugbyvereniging te beding wat geïntegreerde spannesou toelaat. Die eerste stap het die weg gebaan vir die vorming van die verenigde liggaam SARFU in 1992 met Craven as een van die mede-presidente, tot sy dood die volgende jaar. Hy het dus ononderbroke vir 37 jaar aan die hoof van rugby in Suid-Afrika gestaan. Hy het ook 'n leidende rol gespeel in die bekendstelling van die eerste nie-rassige rugbykompetisie in Suid-Afrikaanse sport, met die naam van die "Craven-week" in 1964, wat skoolkinders van alle rasse betrek het. In sy afrigtingsera het Errol Tobias die eerste gekleurde Springbok geword. Van die boeke wat hy geskryf het sluit in:

  • Ek speel vir Suid-Afrika (outobiografie)
  • Danie Craven on Rugby
  • Springbok Story 1949-1953

Internasionale Rugby Heldesaal[wysig]

Danie Craven is in 1997 aanvaar in die Internasionale Rugby Heldesaal (IRHOF) en is die eerste van nege Suid-Afrikaners tot nou.

In 2007 het Danie die derde ingelyfde geword in die Internasionale Rugbyraad se Heldesaal, met slegs die Rugby-skool en William Webb Ellis, die sogenaamde uitvinder van rugby, voor hom.

Buiten die Craven-week dra die Danie Craven-stadion asook die Danie Craven Rugby Museum in Stellenbosch sy naam

Herdenking - 1910 tot 2010

Interessanthede[wysig]

  • Sy oupa aan vaderskant was afkomstig van Steeton in Yorkshire. Die plaas waarop hy gebore is het die naam "Steeton" gedra en sy huis in Stellenbosch het later dieselfde naam gekry.
  • Een van sy jonger boeties, Marius, het vir die Oostelike Provinsie as skrumskakel uitgedraf.
  • Hy was 'n uitstekende atleet, het krieket, waterpolo, bofbal en tennis gespeel en het as kaptein vir die rugby- en swemspan van die Universiteit van Stellenbosch. Hy het sokker op skool en vir die Suid-Afrikaanse Weermag in 1939 gespeel.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Wikiquote-logo.svg Wikiquote het ’n versameling aanhalings deur of oor Danie Craven.