Dante Alighieri

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Dante Alighieri
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Dante deur Sandro Botticelli, 1495.

Geboortenaam Durante degli Alighieri
Gebore Middel Mei tot middel Junie ca. 1265
Florence, Italië
Oorlede 9 September 1321
Ravenna, Italië
Nasionaliteit Italiaans
Beroep Staatsman, digter, taal-teoretikus

Durante degli Alighieri beter bekend as Dante Alighieri of slegs Dante (14 Mei/13 Junie 1265 – 13/14 September 1321) was 'n Italiaanse digter van Florence. Sy meesterstuk, die Commedia (Komedie), word na verwys as die beste letterkundige werk in die Italiaanse taal en een van die beste klassieke werke ter wêreld. Dante was die eerste Italianer wat sy werk gepubliseer het.

Lewe[wysig]

Dante deur Andrea del Castagno, ca. 1450 (Uffizi-galery).

Dante is tussen 14 Mei en 13 Junie 1265 gebore. Dante se doopnaam as baba was Durante. Hy is gebore in die prominente en invloedryke Alighieri familie van Florence, wat die Pouslike regte gesteun het. Om deel te neem aan die openbare lewe moes ‘n burger van Florence een van die kunste bemeester — sodoende het Dante 'n dokter geword. In die volgende paar jaar het Dante se naam gereeld na vore gekom waar hy die publiek toegespreek het of gestem het in die republiek.

Opvoeding[wysig]

Daar is nie veel bekend oor Dante se opvoeding en onderrig nie en dis verneem dat Dante tuisonderig ontvang het. Wat wel bekend is, is dat Dante Toskaanse gedigte bestudeer het. Op agtienjarige ouderdom ontmoet Dante vir Guido Cavalcanti, Lapo Gianni, Cino da Pistoia en Brunetto Latini en saam het hulle die leiers van ‘n nuwe styl in die digkuns geword genaamd Dolce Stil Novo (Die soet nuwe styl). Brunetto is later in Dante se Komedie genoem (Inferno XV, 82). In later jare het Dante filosofie en teologie bestudeer.

Wikiquote-logo.svg Wikiquote het ’n versameling aanhalings deur of oor Dante Alighieri.