Darling Range

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Darling Range (ook genoem die Darling Scarp) is 'n platorand of eskarp wat van noord na suid loop aan die ooste van die Swan kusvlakte en Perth in Wes-Australië.

Geskiedenis[wysig]

Kaarte uit die 1830's verwys na die eskarp as die General Darlings Range; wat later toe afgekort is na Darling Range, 'n naam wat steeds algemeen gebly het ten spyte daarvan dat mense bewus was daarvan dat dit eintlik 'n eskarp was en nie 'n bergreeks nie.

Die platorand is deur die Britse setlaars van die Swan-rivier kolonie oorgesteek en verken. Die bekendste van hierdie verkenningstogte is dié deur Robert Dale, wat vanaf 'n punt naby Guildford tot by die suide van Greenmount Hill en op tot by die Helena Vallei gereis het.

Geologie[wysig]

Die Darling Eskarp is 'n gevolg van die Darlingbreuk, 'n groot geologiese onderbreking wat die Yilgarn Kraton in die ooste van die jonger Pinjarra Orogen en die daaroor liggende Perth-kom in de weste skei. Die Darlingbreuk is blootgestel vir meer as 1 000 km bo die grond vanaf die gebied wes van Shark Bay tot aan die suidkus van Wes-Australië oos van Albany.

Die graniet en gneiss van die Yilgarn Kraton vorm die hoëgrond van Perth Hills en kan waargeneem word waar paai deur die heuwels sny, met baie goeie voorbeelde in die Mundaring Weir gebied. Die enigste sedimente van die Perth-kom wat wes van die breuk blootgestel word is afkomstig uit die Cenozoïese tydperk en bestaan uit materiaal soos die sanderige kalksteen, travertyn en duinsand waarop die stad Perth gebou is, insluitende die sandduine van die Pleistoseen-tydperk wat tydens die laaste ystydperk gevorm is.

Verwysings[wysig]

  • Bean, Alison. A brief history of the Darling Range : for the Department of Planning and Urban Development. Perth, W.A. : The Dept., 1993. Darling Range Regional Park supplementary report ; no. 4. ISBN 0730953041
  • Blainey, Geoffrey. White gold : the story of Alcoa of Australia St. Leonards, N.S.W. : Allen & Unwin, 1997. ISBN 1864483555
  • The Darling Scarp : a natural entity: proceedings of symposium held at the Geography Department of the University of Western Australia, November 1969 Perth, W.A.: Nature Conservation Council of Western Australia, 1970
  • Department of Planning and Urban Development, Western Australia. The Natural resources of the Darling Ranges Perth, W.A. : The Dept., 1993. Darling Range Regional Park supplementary report ; no. 2. ISBN 0730953025
  • Murphy, Mike. ( Coles, Helena - editor) Jarrahdalians : the story of the Jarrahdale Mine Booragoon, W.A. : Alcoa of Australia, 1998. ISBN 064636670X
  • Myers JS (1992) Pinjarra Orogen, in Geology and Mineral Resources of Western Australia: Western Australia Geological Survey, Memoir 3, 77-119.
  • Schur, Basil. Jarrah forest or bauxite dollars? : a critique of bauxite mine rehabilitation in the jarrah forests of southwestern Australia Perth, W.A. : Campaign to Save Native Forests (W.A.), 1985. ISBN 0959744975 (pbk.)
  • Watson, Lindsay The Railway History Of Midland Junction : Commemorating The Centenary Of Midland Junction, 1895-1995 Swan View, W.A : L & S Drafting in association with the Shire of Swan and the Western Australian Light Railway Preservation Association, [1995]