Dasseneiland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Dasseneiland
Geografie
Ligging Suid-Afrika, Atlantiese Oseaan
Koördinate 33°25′S 18°05′O
Oppervlak 2,57 vk km
Administrasie
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap

Dasseneiland is 10 km suidwes van Yzerfontein, Wes-Kaap in die Atlantiese oseaan. Die eiland is een van 34 ondersese berge langs die Weskus waarvan die spits bo die water uitsteek. Die eiland beslaan 'n oppervlakte van 222 ha met 'n lengte van 4.5 km en is 2 km breed met die hoogste punt van 10m bo seevlak.

Geskiedenis[wysig]

Die naam van die eiland is na aanleiding van die groot aantal dassies wat oorspronklik daar gevind is. Jan van Riebeeck het ook baie robbe daar gevind gedurende 1654 toe hy besoek daar afgelê het. Die robbe is sedertdien deur jagters uitgeroei en vandag is die eiland die grootste broeiplek van die Kaapse pikkewyne. Daar is tans sowat 68 000 pikkewyne op die eiland. Daar kom ook watervoëls soos kormorante en malgasse voor.

Vuurtoring[wysig]

Daar is ook 'n bemande vuurtoring op die eiland. Die vuurtoring is sedert 1893 aktief. Die vuurtoringwagter en sy gesin word elke ses weke per helikopter na die vasteland gebring vir 'n besoek.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]