Deimos (maan)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Deimos   Deimos se sterrekundige simbool
Deimos
Deimos, soos waargeneem deur die Mars Reconnaissance Orbiter-wenteltuig op 21 Februarie 2009.
Ontdekking
Ontdek deur Asaph Hall
Datum 12 Augustus 1877
Alternatiewe name Mars II
Wentelbaaneienskappe[1]
Epog J2000
Semi-hoofas 23 460 km
14 580 myl
Eksentrisiteit 0,000 2
Wentelperiode 1,262 44 dae
30,30 h
Gem. omwentelingspoed 1,35 km/s
Inklinasie 0,93° (tot Mars se ewenaar)
1,793° (tot onveranderbare vlakte)
27,58° (tot Ekliptika)
Satelliet van Mars
Fisiese eienskappe
Afmetings 15 × 12,2 × 10,4 km[2]
Gem. radius 6,2 km
3,9 myl[3]
Massa 1,48×1015 kg
(2,5×10-10 Aardes)
Gem. digtheid 1,471 g/cm³[3]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
0,003 9 m/s²
(3,9 mm/s²)
0,000 40 g (400 µg)
Ontsnapping-
snelheid
5,6 m/s
20 km/h
Rotasieperiode sinchronies
0,068[3]
Temperatuur ≈233 K
Skynmagnitude 12,4[3][4]


Deimos (Grieks: Δείμος; ook Mars II[5]) is die kleiner en uiterste van die twee mane van die planeet Mars, die ander is Phobos. Dit is vernoem na Deimos, 'n seun van Ares (Mars) en Afrodite in die Griekse mitologie, wat "skrik" of "vrees" beteken.[5] Dit is ook een van die kleiner mane in die sonnestelsel.

Ontdekking[wysig]

Die teleskoop gebruik om Deimos en Phobos die eerste keer waar te neem.
Wentelbane van Phobos en Deimos (volgens skaal)

Deimos is die eerste keer waargeneem deur die Amerikaanse sterrekundige Asaph Hall op 12 Augustus 1877 by die Amerikaanse marine-sterrewag in Washington, D.C. om 07:48 MGT.[6] Asaph Hall het ook Phobos, Mars se ander maan, ontdek.

Die name is voorgestel deur Henry Madan (1838–1901), natuurwetenskapmeester by Eton, vanuit Boek XV van die Iliad, waar Ares sy twee seuns (Phobos en Deimos) oproep.[5][7]

Deimos is van naderby gefotografeer deur Mariner 9 in 1971, Viking 1 in 1977, Phobos 2 in 1988, Mars Global Surveyor in 1998 en 2003, en deur die Mars Express in 2004 en 2008.

Verwysings[wysig]

  1. Jacobson, R.A. and Rush, B. (2006) MAR063 (2007-06-28). “Planetary Satellite Mean Orbital Parameters”. JPL/NASA. URL besoek op 2008-02-13.
  2. Mars: Moons: Deimos”. NASA Solar System Exploration: 2003-09-30. URL besoek op 2008-08-18.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 Planetary Satellite Physical Parameters”. JPL (Solar System Dynamics): 2006-07-13. URL besoek op 2008-01-29.
  4. Classic Satellites of the Solar System”. Observatorio ARVAL. URL besoek op 2007-09-28.
  5. 5,0 5,1 5,2 Blunck, Jürgen (2009). “The Satellites of Mars; Discovering and Naming the Satellites”, Solar System Moons: Discovery and Mythology. Springer. ISBN 3540688528, 9783540688525. 
  6. Observations of the Satellites of Mars
  7. Hall, Asaph; Names of the Satellites of Mars, Astronomische Nachrichten, Vol. 92, No. 2187 (14 Maart 1878, signed 7 Februarie 1878), p. 47/48

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Deimos (maan) (kategorie)

Eietydse verwysings na die eerste waarneming van Phobos en Deimos: