del.icio.us

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Delicious
Delicious Textlogo.svg
Taal(e) verskeie
Registrasie Opsioneel
Eienaar AVOS Systems
Outeur Joshua Schachter, stigter van GeoURL, en medestigter van Memepool
Opgerig September 2003
Huidige status Aktief
URL www.delicious.com

del.icio.us is 'n sogenaamde sosiale boekmerkwebwerf : 'n webwerf geskep vir die stoor, deel en ontdekking van web-boekmerke. Die webwerf kom aan die einde 2003 aan lyn en word deur sommige waarnemers beskou as 'n voorbeeld van die rigting waarin die internet gaan ontwikkel naamlik 'n Web 2.0 toepassing. Dié webwerf word ontwikkel deur Joshua Schachter.

Agtergrond en algemene inligting[wysig]

'n Nie-hiërargiese soekwoordkategoriseringstelsel word gebruik op del.icio.us waar gebruikers toegelaat word om oortjies (Engels: tags) by hul boekmerke te voeg, deur gebruik te maak van sleutelwoorde van hul keuse. Die metode word as 'n volksonomie (Engels: folksonomy) beskryf . 'n Saamgestelde beeld van almal se boekmerke met die gegewe oortjie is beskikbaar. So byvoorbeeld vertoon die URL "http://del.icio.us/tag/wiki" al die mees onglangse skakels gemerk as "wiki". Die kollektiewe aard maak dit dus moontlik om boekmerke wat eenders-denkende gebruikers geskep is te sien. del.icio.us het 'n treffersperade (Engels: hotlist) op sy tuisblad en "populêre" en "onlangse" blaaie wat help om interessante inhoud toeganklik te maak. Dié webwerf is ’n effektiewe oordraer van populêre internet memes en tendense.

Die webwerf se eenvoudige HTML koppelvlak met menslik leesbare URLe (uniforme hulpbronadresse), unieke domein naam, sowel as REST-programmeringskoppelvlak (API) en RSS toepassings vir websindikasie, het bygedra om dit een van die mees populêre dienste van dié soort te maak.

Die webwerf kan gratis gebruik word en informasie kan via die webwerf afgelaai word. Die bronkode is egter nie beskbaar nie.

Alles wat op del.icio.us geplaas word is deur ander gebruikers sigbaar, alhoewel 'n gebruiker spesifieke boekmerke as privaat kan merk terwyl ingetrekte boekmerke se standaardwaarde privaat is. Die publieke aard van die webwerf word benadruk en dit is nie gefokus op die stoor van private ("nie gedeelde") boekmerk versamelings. Verskeie mense gebruik del.icio.us se "linkrolls" en netwerk kentekens om hul skakels en informasie op hul webjoernale te vertoon.

Daar is 'n paar oopbronklone van del.icio.us, soos de.lirio.us en sa.bros.us, as ook baie kompeterende sosiale boekmerkdienste soos Simpy, BlinkList of Furl.

Op 9 Desember 2005 word die webwerf aangeskaf deur Yahoo. Die koopprys is nie bekend gemaak nie, maar word tussen $15-30 miljoen VSA dollars geskat.

Voorbeeldbladsye op del.icio.us[wysig]

Sien onlangse byvoegings:

Sien vandag se gewilde byvoegings:

Sien gewilde etikette:

Vind enige URL waarby oortjies bygevoeg is oor nanotegnologie:

Gekombineerde oortjies. Vind enige URL wat gemerk is met oortjies vir beide nanotegnologie en vervaardiging:

Vind byvoegings volgens soort media:

Vind die geskiedenis van hoe oortjies tot ‘n URL toegevoeg is:

Eksterne skakels[wysig]