Departement van Basiese Onderwys

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Departement van Basiese Onderwys is een van die departemente van die Regering van Suid-Afrika. Hulle is verantwoordelik vir primêre en sekondêre onderwys in Suid-Afrika. Die departement is in 2009 geskep na die verkiesing van president Jacob Zuma, toe die voormalige Departement van Onderwys onderverdeel is.

Die politiese hoof van die departement is die Minister van Basiese Onderwys. Vanaf Mei 2009 beklee Angie Motshekga die posisie. Die departement se hoofkantoor is in die Sol Plaatje-huis, wat vernoem is na die skrywer Sol Plaatje, in Pretoria.[1]

In die nasionale begroting van 2010 het die departement 'n bewilliging van R6,166.2 miljoen ontvang, en het toe 730 werknemers gehad.[2]

Verwysings[wysig]

  1. "Contact Us." Department of Basic Education. Besoek op 18 November 2011. "Fisiese adres: Sol Plaatje-huis 222 Struben Straat Pretoria 0001"
  2. (17 Februarie 2010) “Vote 14: Basic Education”, Estimates of National Expenditure 2010. Pretoria: National Treasury. ISBN 9780621390797. Besoek op 30 Augustus 2010. 

Eksterne skakels[wysig]