Departement van Waterwese

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Departement van Waterwese is een van die departemente van die Regering van Suid-Afrika. Hulle is verantwoordelik vir watervoorsiening, bou en instandhouding van damme, asook die handhawing van waterkwaliteit in Suid-Afrika. Die departement is in 2009 geskep na die verkiesing van president Jacob Zuma, toe die voormalige Departement van Waterwese en Bosbou onderverdeel is.

Die politiese hoof van die departement is die Minister van Waterwese en Omgewingsake. Vanaf Mei 2009 beklee Edna Molewa die posisie. Die departement se hoofkantoor is in Francis Baardstraat 185 (voorheen Pretoriusstraat), Pretoria.

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]