Diamond Fields Advertiser

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Diamond Fields Advertiser (DFA) is 'n Engelstalige oggendblad van Independent News & Media wat in 1878 in Kimberley ontstaan het as drieweeklikse koerant. Dit het in Mei 1882 daagliks begin verskyn, selfs onder uiters moeilike omstandighede tydens die beleg van die stad in die Tweede Vryheidsoorlog. Die koerant se sirkulasie is redelik stabiel op sowat 8 000 per dag.

Die DFA is die enigste oorblywende koerant van die elf wat tydens die onstuimige jare van Kimberley se ontstaan hier verskyn het.

Ondanks die feit dat alle Johannesburgse dagblaaie binne 'n uur van hulle verskyning ook in Kimberley te kry is en teen sterk mededinging van die Volksblad van Bloemfontein wat deesdae 'n spesiale uitgawe vir die Noord-Kaap uitgee, verkoop die DFA steeds meer eksemplare as al die ander dagblaaie saam. 'n Groot gedeelte van die dagblad se lesers is Afrikaanssprekend, soos trouens ook sy redakteur, Johan du Plessis.

Bronne[wysig]