Die Blou Lotus (Boek)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Blou Lotus
Outeur Hergé
Vertaler Johann Rossouw
Taal Frans
Reeks Die avonture van Kuifie
Uitgewer Human & Rousseau
Uitgegee eerste Afrikaanse uitgawe in 2004
ISBN 0-7981-4453-X
Letterkunde-portaal

Die Blou Lotus is die vyfde Kuifie-avontuur. Dit is geïnspireer deur die mukden-insident, wat gelei het tot die Sjinees-Japannese oorlog van 1934. Die naam "Die Blou Lotus" verwys na 'n Opium-kroeg in Sjanghai.

Agtergrond[wysig]

In die vorige avontuur "Die Sigare van die Farao" het Kuifie genoem dat sy volgende storie hom na Sjina toe sou bring. Hy raak betrokke in 'n stryd teen 'n bende dwelm smokkelaars.

Terwyl Hergé 'n student was, het hy vriende gemaak met 'n jong Sjinese beeldhou student, Chong-Jen. Hy het Hergé bekendgestel aan die Sjinese geskiedenis, kultuur en kuns. Hergé het bewus geraak van die problem van kolonisasie, veral van die Japannese ryk teenoor Sjina. Hergé het hierna in al sy Kuifie boeke gepoog om die plekke wat Kuifie besoek het, akkuraat voor te stel.

Die boodskap van Die Blou Lotus is anti-imperialisme wat in strak teenstelling was van die weste wat pro-Japan was.

Kuifie is ‘n ooggetuie in Suid-Manchurian (‘n provinsie in Sjina) waar Japan hulle eie treinspoor opgeblaas het. Die insident het uiteindelik daartoe gelei dat Japan uit die Volkebond geskop is. Japan het eintlik net ‘n verskoning gesoek om Sjina te beset. Japan het belanggestel in Sjina omdat hulle baie minerale gehad het. Japan het op daardie stadium ‘n baie sterker leër gehad en kon dus beheer uit oefen.

Karakters[wysig]

Wang Jen-Ghié[wysig]

Hy is die leier van die seuns van die draak. Hulle is ‘n groep wat veg teen teen die dwelm opium wat die mense van die land lam lê. Hy woon buite Sjanghai. Sy seun is die jong man wat hom by twee geleentheid gered het, maar hy het mal geword. Die seun dreig om almal se koppe af te kap met ‘n swaard.

Tsjang Tsjong-Jen[wysig]

Kuifie red die seun se lewe toe hy in ‘n rivier geval het. Hulle word goeie vriende. Hulle help mekaar in dié avontuur.

Mitsuhirato[wysig]

Vyand van die seuns van die draak. Japannese agent wat in Sjina werk. Hy is ‘n aktiewe en korrupte agent. Hy is ook ‘n dwelmbehandelaar.

Sien ook[wysig]