Die Heuwels Fantasties

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Heuwels Fantasties
Cape Town Festival & Carnival 081.jpg
Die Heuwels Fantasties speel by The Cape Town Festival 2011
Oorsprong Bellville (Suid-Afrika)
Genre(s) Elektronies, pop
Aktiewe jare 2007 - hede
Uitgewer(s) Supra Familias
Webwerf dieheuwels.co.za
Last.fm http://www.last.fm/music/Die+Heuwels+Fantasties?ac=die%20heuwels
Lede Hunter Kennedy
Pierre Greeff
Fred den Hartog
Gewese lede Johnny de Ridder
Philip Erasmus
Assosiasies Fokofpolisiekar, Lukraaketaar, Jack Parow, Francois Van Coke, Laudo Liebenberg, Adriaan Brand
Portal.svg Musiekportaal

Die Heuwels Fantasties is 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep uit Bellville. Hul musiek is elektronies van aard, met subtiele kitaarelemente. Die groep gee hul materiaal onder hul eie etiket, Supra Familias, uit.

Die groep bestaan uit Hunter Kennedy, Pierre Greeff, Fred den Hartog en Philip Erasmus. Kennedy en Greeff het op die onderskeie ouderdomme van 15 en 16 saam begin om liedjies te skryf. Destyds het Kennedy in die groep New World Inside gespeel terwyl Greeff in Time Spent gespeel het. Later was Kennedy lid van Fokofpolisiekar en Greeff was lid van Lukraaketaar, voordat beide tydens hul breuk van hul hoofgroepe die projek Die Heuwels Fantasties gevorm het.[1]

In 2010 ontvang hulle 'n SAMA-toekenning in die kategorie Beste Alternatiewe Album in Afrikaans vir Die Heuwels Fantasties.[2]

Vroeg in 2014 is Die Heuwels Fantasties se nuutste lid (op daardie stadium) Phillip Erasmus uit die groep uit na hy op sosiale media 'n ineenstorting (soos die media daarna verwys het) gehad het en waar hy foto's en statusse met verwysing na geld en gierigheid op Die Heuwels Fantasties se facebook geplaas het.

Debuutalbum[wysig]

Die ongetitelde debuutalbum bevat bydraes deur Francois Van Coke (Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel), Laudo Liebenberg (aKING), Adriaan Brand (Springbok Nude Girls), Neil Basson (Foto na Dans) en Jack Parow. Die album is op 19 Maart 2009 vrygestel en is die derde uitgawe op Hunter en Pierre se uitgewer Supra Familias.

Selfs voor die album se vrystelling het Die Heuwels Fantasties twee enkelsnitte op Last.fm vrygestel, wat duisende luisteraars gelok het. Hierdie snitte het by verskeie kampus radiostasies die nommer een plek bereik en die eerste musiekvideo, Vinger Aleen was vir drie weke nommer een op MK, die Suid-Afrikaanse musiekkanaal.

Wilder as die Wildtuin[wysig]

Die groep se tweede studio album, Wilder as die Wildtuin, is op 11 Maart 2011 vrygestel. Hierdie is die eerste album met hul nuutste lid, Phillip Erasmus, op die dromstel.

Diskografie[wysig]

Ateljeealbums[wysig]

EP's[wysig]

Internet[wysig]

  • Oorlewing 101 (MP3, 2 Desember 2007, Supra Familias)
  • Our Heritage (MP3, 24 Augustus 2009, onafhanklik)

Versamelalbums[wysig]

  • MK89 Hoordosis: Vol. 3 (15 September 2008, Next Music)
  • Bellville Rock City (28 November 2008, Rhythm Records)
  • Oppikoppi Smoorverlief (7 Augustus 2009, Next Music)
  • Twintig Jaar Later: Van Voëlvry Tot Fokof (September 2009, Next Music)
  • South African Indie Volume One (30 Oktober 2009, Rhythm Records)
  • Vredefest Elektro (17 Desember 2009, Supra Familias)

Verwysings[wysig]

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Verdere leesstof[wysig]

Musiekvideo's[wysig]