Dieter Aschenborn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
”Twee Gemsbokke” omtrent 1970, hout 110 x 50 cm

Dieter Aschenborn (* 15 November 1915 in Okahandja, Namibië, † September 2002 in Windhoek, Namibië) was 'n Namibiese kunstenaar veral bekend vir sy diertonele van Afrika. Hy was die seun van die dierskilder Hans Anton Aschenborn.

Toe Aschenborn ses jaar oud was, het die gesin van Namibië, wat toe as Suidwes-Afrika bekend gestaan het, na Stellenbosch en gou daarna na Kiel in Duitsland verhuis. Later het Aschenborn teruggekeer na Suid-Afrika, waar hy geboer het. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is hy geïnterneer. Ná die oorlog het Aschenborn een van die eerste wildbewaarders van die Nasionale Etoshawildtuin geword, waar hy tot in 1952 gebly het. In die tuin het hy begin skilderye op leer te skep waarvoor hy bekend geraak het. Nadat hy sy loopbaan in die Etosha-dieretuin beëindig het, het hy hom in Windhoek gevestig en kon van toe af alleen van sy kuns leef. Sy seun, Uli Aschenborn is ook 'n bekende kunstenaar.

Hy het ook 'n naam vir homself gemaak met tekeninge, skilderye en beeldhouwerk, in die besondere hout-reliëfs en muurskilderye wat openbare geboue in Namibië versier. Hy het daarnaas posseëls vir Namibië ontwerp.

Uitstallings (keuse)[wysig]

  • 1965 "3 Generasies Aschenborn" Windhoek (Namibië)

Bronnelys en Verwysings[wysig]