Dikbeklewerik

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Dikbeklewerik
Namaqua Nationale Park, Noord Kaap Suid Afrika
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Alaudidae
Genus: Galerida
Spesie: G. magnirostris
Binomiale naam
Galerida magnirostris
(Stephens, 1826)

Die Dikbeklewerik (Galerida magnirostris) is 'n klein sang voëltjie. Dit kom in die suidelike dele van Afrika naamlik in Suid-Afrika, Lesotho en die suide van Namibië voor.

Habitat[wysig]

Die natuurlike habitat van Dikbeklewerik is fynbos, karoo en grasveld. Dit word ook in bewerkte- en braaklande gevind. Soos ander lewerike bou dit 'n nes op die grond. Voeding is saad en insekte, laasgenoemde veral in die broeiseisoen.

Voorkoms[wysig]

Die Dikbeklewerik is 18 cm in lengte. Dit het 'n relatief kort-stert en het 'n dik snawel met 'n geel basis. Dit het 'n gestreepte bruin-grys rugkant en ​​lang wit wenkbroue. Soos ander spesies in die genus het dit 'n kuif wat kan waaier as die voël in gevaar verkeer of sing. Die borskant is roomkleurige met swaar donker strepe op die bors. Die groot tweekleurige snawel onderskei hierdie spesie van alle ander Afrika lewerike.

Hierdie baie luidrugtige spesie maak 'n sagte maar verdraende gekraakte treeeeleeeeleee - soos 'n geroeste hek wat oopgemaak word.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. BirdLife International (2012). “Galerida magnirostris”. IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. URL besoek op 25 Januarie 2013.
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Dikbeklewerik (kategorie)