Dinard

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Dinard
Dinarzh
Dinard: Villa's by die strand
Dinard: Villa's by die strand
Wapen van Dinard
Wapen
Ligging van Dinard op 'n kaart (Frankryk)
Dinard
Dinard
Koördinate: 48°38′00″N 2°03′37″W
Land Vlag van Frankryk Frankryk
Gewes Flag of Brittany (Gwenn ha du).svg Bretagne
Département Blason département fr Ille-et-Vilaine.svg Ille-et-Vilaine
Arrondissement Saint-Malo
Kanton Dinard
Regering
 - Burgemeester Sylvie Mallet
Oppervlak
 - Stad 7,84 km²  (3 vk m)
Hoogte 0–56 m (0–184 vt)
Bevolking (2008)
 - Stad 11 033
 - Digtheid 1 407/km² (3 644,1/myl2)
 - Metropolitaans 17 287
Poskode 35800
Skakelkode(s) 35093
Webwerf: ville-dinard.fr

Dinard (Bretons: Dinarzh) aan die Bretonse Côte d'Emeraude (département Ille-et-Vilaine, Frankryk) is een van die mooiste kusstede van Europa met sowat 11 000 inwoners (2008). Die Côte d'Emeraude (Smaragkus) is een van die vernaamste besienswaardighede in Frankryk. Pragtige sandstrande, eersterangse hotelle, gerieflike kampeerplekke, 'n kasino en die hawe wat deur plesierboote aangedoen word is deel van die perfekte infrastruktuur. Die vakansieoord is tot by 1850 'n klein vissersdorpie, wat daarna die toerisme as sy vernaamste bron van inkomste ontwikkel. Tydens die fin de siècle raak Dinard baie gewild raak Britse en Amerikaanse toeriste. Die eerste kasino word in 1860 opgerig, en die stad is steeds een van die bekendste vakansiebestemmings in Frankryk wat as die "Nice van die Noorde" bekend staan.

Besienswaardighede[wysig]

  • Die boulevard Féart bekoor met sy villa's in die laat-Victoriaanse styl.
  • Die Promenade du Clair de la Lune is die mooiste strandweg in die stad; hier lê die Akwarium van Dinard, wat hom op die fauna van die Smaragkus toegespits het.
  • Die Villa Eugénie (Musée du Pays de Dinard) in die rue Pichot is eintlik vir Eugénie, die eggenote van keiser Napoléon III, opgerig. Sy trek hier egter nooit in nie. Sedert 1985 is die huis 'n museum wat die geskiedenis van Dinard en sy omgewing behandel.