Doha

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Doha
الدوحة‎

Doha montage.jpg
Kaart Wapen
QA-01.svg
Coats of arms of None.svg
Vlag
Flag of None.svg
 Land Vlag van Katar Katar
 Administratiewe gewes Ad Dawhah
 Stigting 1850
 Oppervlakte:  
 - Totaal 132 vk km
 Hoogte bo seevlak 0 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2013) 1,312,947
 - Bevolkingsdigtheid 9,900/vk km
 Etniese groepe:  
 - Arabier 25%
 - Asiate 75%
 Tydsone AST (UTC+3)
 - Somertyd Geen
 Burgemeester (party) Sheikh Hamad
 Amptelike webwerf Geen

Doha (Arabies: الدوحة‎) is die grootste stad en hoofstad van Katar. Meer as 60% van die land se bevolking woon in Doha of die omliggende voorstede, en dit is ook die ekonomiese sentrum van die land. Dit is ook een van die munisipaliteite van Katar en geleë op die kus van die Persiese Golf.

Doha is die tuiste van 'n onderwysdorp, 'n gebied gewy aan navorsing en opvoeding. Doha was die plek van die eerste ministeriële vlak-vergadering van die Doha-ronde van die Wêreldhandelsorganisasie se onderhandelings. Die stad Doha was gasheer vir die 2006-Asiatiese Spele, die grootste tot op daardie tydstip. Doha was ook die gasheer van die 2011 Pan Arabiese Spele, die 2011 AFC Asiatiese Beker en sal 'n groot aantal van die wedstryde aanbied by die FIFA Wêreldbeker in 2022. Die Wêreldpetroleumraad het hul 20ste Wêreldpetroleumkonferensie in Doha gehou in Desember 2011 en Doha was die gasheer van die UNFCCC klimaatonderhandelinge (COP 18) in Desember 2012.