Donald Currie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Donald Currie

Sir Donald Currie (17 September 1825 - 13 April 1909), gebore in Greenock, Skotland was 'n skeepseienaar. Hy ontvang opleiding in Belfast en begin in 1842 by 'n Liverpoolse skeepsmaatskappy werk. Hy word die agent van die Cunard-redery van 1849 tot 1862. Hy begin sy eie maatskappy deur skepe na die Ooste te stuur en maak die Kaap sy teikenmark vanaf 1872. Hy stig die beroemde Castle-redery en ding mee met die Union-redery. Sy skepe oorheers die mark na Suid-Afrika en hy word skatryk. Hy raak betrokke by die geskilpunte in die diamantvelde en word in 1880 verkies tot die Volksraad van die ZAR.

Gedurende 1900 smelt die twee rederye saam om Union-Castle-redery te vorm. Hy word onthou as die skenker van die Curriebeker.

Bron[wysig]