Donker engeltjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Donker engeltjie
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Pomacanthidae
Genus: Centropyge
Spesie: C. multispinis
Binomiale naam
Centropyge multispinis
(Playfair, 1867)

Die Donker engeltjie (Centropyge multispinis) is 'n vis wat voorkom in die Indies-Pasifiese area, die Rooi See en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Dusky cherub.

Voorkoms[wysig]

Die lyf en vinne is donkerbruin met 'n swart vlek agter die kieuspleet en nou donker strepe op die sye. Die rante van die anale- en bekkenvinne is blou. Die onvolwasse visse is lig bruin met vier donker vertikale strepe oor die lyf. Die vis word net 15 cm groot.

Habitat[wysig]

Die vis leef in koraalriwwe, getypoele in water wat wat 1 – 40 m diep is. Hulle is alleenlopers en eet hoofsaaklik alge. Die vis kan in akwariums oorleef.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Eksterne skakel[wysig]