Doringvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Doringvis
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Teraponidae
Genus: Terapon
Spesie: T. jarbua
Binomiale naam
Terapon jarbua
(Forsskål, 1775)

Die Doringvis (Terapon jarbua) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika tot by die Oos-Kaap. Die onvolwasse vissies is al by Knysna opgemerk. In Engels staan die vis bekend as die Thornfish.

Voorkoms[wysig]

Die vis is silwerig van kleur met 3 - 4 vertikale geboë strepe oor die lyf, van die kop tot by die stertvin. Daar is 'n swart vlek aan die bokant van die dorsale vin. Die vis word tot 33 cm groot.

Habitat[wysig]

Die vis kom voor in riviermondings en die onvolwassenes word dikwels in varswater opgemerk. Die wyfies skiet kuit in die see. Die onvolwassenes vreet onder andere amfipodes en die volwasse visse vreet bodem skaaldiere en vis. Die kry sy naam weens die feit dat hy krom trek en al sy vinne en kieue punte laat reguit staan as 'n verdedigings meganisme. Dit maak dit moeilik om die hoek uit die vis te haal.

Sien ook[wysig]

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor:

Bron[wysig]