Dot-comvoorspoedgolf

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die "dot-com voorspoedgolf" was 'n spekulatiewe voorspoedgolf wat rofweg tussen 1995-2001 (met sy hoogtepunt op 10 Maart 2000 toe die NASDAQ 5132.52 punte bereik het) voorgekom het, toe aandelemarkte in die westerse lande ongekende groei belewe het in veral die internet sektor en verwante markte. Die tydperk is gekenmerk deur die stigting (en in baie gevalle fabelagtige mislukkings) van 'n groep nuwe internet-gebaseerde maatskappye wat allerweë as dot-com's beskryf is. 'n Kombinasie van vinnig stygende aandeelpryse, indiwiduele spekulasie in aandele en maklik bekombare waagkapitaal het 'n atmosfeer van onredelike verwagtinge geskep waar baie besigheidsmense die standaard besigheidsmodelle geïgnoreer het en eerder op hul markaandeel gefokus het in plaas daarvan om op gesonde winsgrense te konsentreer. Die mislukking en ineenstorting van die markte het gelei tot 'n matige, dog langdurige resessie in die ontwikkelde lande van die wêreld.