Dufour-bergpiek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Dufour-bergpiek
MonteRosaWestseite gesehenVomGornergrat.JPG
Dufour-bergpiek
Ligging: aan die grens tussen Switserland en Italië
Hoogte: 4 634 meter
Reeks: Alpe
Koördinate: 45°56′12″N 7°52′1″O
Datum van eerste bestyging: 1855
Eerste bestyger(s): Charles Hudson, J. Smyth, C. Smyth

Dufour-bergpiek (Duits: Dufourspitze, Italiaans: Punta Dufour) is 'n berg in Europa wat aan die grens tussen Switserland en Italië geleë is. Met sy hoogte van 4 634 meter is dit die tweede hoogste berg in die Alpe en die hoogste berg van Switserland asook die Duitse taalgebied. Dit word gewoonlik as die tweede hoogste berg van Europa ná die Mont Blanc beskou. Volgens 'n ander definisie van die Eurasiese grens is die Dychtaoe in die Kaukasus met 5 204 meter die tweede hoogste berg van Europa. Die berg is in 1863 ná die Switserse generaal en kartograaf Guillaume-Henri Dufour vernoem.