Duits-Suidwes-Afrika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Deutsch-Südwestafrika
Duits-Suidwes-Afrika
1884-1915 Red Ensign of South Africa 1912-1928.svg
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Ligging of Suidwes-AfrikaSüdwestafrika
Ligging van Duits-Suidwes-Afrika
Hoofstad Otjimbingwe (1885–1891)
Windhoek (1891–1915)
Grootfontein (1915)
Taal/Tale Duits (amptelik), Afrikaans, Otjiherero, Nama
Godsdiens Christendom, San-godsdiens
Regering Monargie
Keiser
 - 1884–1888 Wilhelm I
 - 1888 Friedrich III
 - 1888–1915 Wilhelm II
Goewerneur
 - 1885–1890 Heinrich Göring
 - 1891–1894 Curt von François
 - 1894–1905 Theodor Leutwein
 - 1905 Lothar von Trotha
 - 1905–1907 Friedrich von Lindequist
Historiese tydperk Wedloop om Afrika
 - Adolf Lüderitz vra die Duitse kanselier Otto von Bismarck ná 'n beskerming vir 'n beplande stasie in Suidwes-Afrika 16 November 1882
 - Stigting van Duits-Suidwes-Afrika 7 Augustus 1884
 - "Zanzibar-Helgoland-Verdrag" 1 Julie 1890
 - Namibiese volksmoord 1904-1908
 - Begin van die Eerste Wêreldoorlog in Duits-Suidwes-Afrika (Suidwes-Afrika-veldtog) 9 Augustus 1914
 - Ontbinding van Duits-Suidwes-Afrika en stigting van Suidwes-Afrika 9 Julie 1915
 - Verdrag van Versailles (Volkebond-mandaat onder bestuur deur die Unie van Suid-Afrika) 28 Junie 1919
Area 835 100 km2
322 434 sq mi
Geldeenheid Duits-Suidwes-Afrikaanse mark
Duitse kolonies in Afrika      met Suidwes-Afrika     , 1914
Besittings van die Britse Kaapkolonie was beperk tot die Walvisbaai en Pikkewyn-eilande

Duits-Suidwes-Afrika (Duits: Deutsch-Südwestafrika, DSWA) was vanaf 1884 tot 1915 'n kolonie van die Duitse Keiserryk op die gebied van die huidige Namibië. Met 'n oppervlakte van 835 100 km² was dit omstreeks 1,5-keer groter as die Duitse Keiserryk en die enigste Duitse kolonie, waar 'n aansienlike kolonisasie deur Duitsers plaasgevind het.

Op 1 Julie 1890 is die sogenaamde "Zanzibar-Helgoland-Verdrag" tussen die Duitse Keiserryk en die Verenigde Koninkryk onderteken. Daarmee het Helgoland en die Kaprivistrook deel van die Duitse Keiserryk geword, terwyl Wituland (hede in Kenia geleë) en Zanzibar (destyds nie deel van die Duitse koloniale ryk nie) by die Britse koloniale ryk ingelyf is.

Tydens die Suidwes-Afrika-veldtog is Duits-Suidwes-Afrika in 1915 deur Geallieerde troepe van die Unie van Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk verower. Ná die einde van die Eerste Wêreldoorlog het Suidwes-Afrika as gevolg van die Verdrag van Versailles 'n Volkebondmandaat van Suid-Afrika geword. Die gebied het in 1990 as Namibië onafhanklik geword.

Goewerneurs[wysig]

Vlae en wapens[wysig]

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: