E.tv

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

e.tv is die vyfde terrestriële televisiekanaal in Suid-Afrika, na die drie kanale wat deur die staatsbeheerde Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SABC1, SABC2 en SABC3) en die privaatbeheerde subskripsiebefondsde M-Net, wat deur Multichoice bedryf word. Dit is die eerste privaatbeheerde dog gratis televisiestasie in die land.

Die kanaal saai vanuit beide Kaapstad en Johannesburg uit, met die primatydse aandnuusbulletin op 19:00 wat vanuit Johannesburg uitgesaai word. Hierdie program is aanvanklik vanuit Kaapstad uitgesaai, maar is na Johannesburg verskuif met die opening van 'n nuwe uiitsaaisentrum in Hyde Park, Johannesburg. Aanvanklike nuusstories is gekritiseer omdat dit te Kaapstad-sentries was en daar nie genoeg aandag aan ander areas gegee is nie. Die laataand 22:00-bulletin word steeds vanuit Kaapstad uitgesaai, en die kanaal bedryf steeds sy Kloofstraat-produksiesentrum in daardie stad.

Sien ook[wysig]

  • eNuus, Afrikaanse nuusbulletin wat op kykNET uitgesaai word.

Eksterne skakels[wysig]