Eben Etzebeth

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Eben Etzebeth Sportportaal
Volle naam Eben Etzebeth
Geboortedatum 29 Oktober 1991 (1991-10-29) (22 jaar oud)
Geboorteplek Kaapstad, Suid-Afrika
Lengte 203 cm
Gewig 123 kg
Rugbyloopbaan
Posisie(s) Slot
Amateurklubs Wedst (pte)
2011 UCT Ikey Tigers 7 (5)
korrek op 13 Julie 2013.
Provinsiale/Staatspanne Wedst (pte)
2011-huidig Westelike Provinsie 6 (0)
korrek op 25 November 2013.
Super Rugby    
2012-huidig Stormers 21 (10)
korrek op 25 November 2013.
Nasionale span(ne)    
2012- Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 23 (0)
korrek op 25 November 2013.
Ander Inligting
Skool Hoërskool Tygerberg
Universiteit Universiteit van Kaapstad

Eben Etzebeth (geb. op 29 Oktober 1991 te Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler. Hy speel op die oomblik vir die Stormers in Superrugby en vir Westelike Provinsie in die Curriebeker. Hy speel op slotposisie en is bekend vir sy harde, fisiese spel.

Loopbaan[wysig]

Westelike Provinsie en Stormers[wysig]

Hy maak sy debuut vir die Stormers op 25 Februarie 2012 teen die Hurricanes.[1] Hy word as "Speler-van-die-Wedstryd" aangewys tydens die Westelike Provinsie se oorwinning in die halfeindstryd om die Curriebeker in 2012. In April 2013 het hy 'n ooreenkoms onderteken wat hom tot minstens 2016 in Kaapstad sal hou.[2]

Suid-Afrika o/20[wysig]

As 'n lid van die Junior Bokke (Suid-Afrikaanse o/20 span) het hy aan die IRR Junior Wêreldkampioenskap in 2011 deelgeneem.[3]

Springbokkleure[wysig]

Etzebeth word die eerste keer opgeroep vir die Springbokoefengroep deur die nuwe hoofafrigter Heyneke Meyer, voor die reeks van drie toetse teen Engeland in Junie 2012.[4]

Hy maak op 9 Junie 2012 sy Springbokdebuut op slot langs mede-nuweling Juandré Kruger te Kings Park-stadion in Durban. Suid-Afrika tree as 22-17 wenners uit die stryd teen Engeland, en wen ook die laaste twee toetse.[5]


Verwysings[wysig]

  1. (en) Etzebeth maak Stormers debuut”. Iol.co.za. 22 Februarie 2012. URL besoek op 16 Junie 2012.
  2. (en) Stormers retain key quartet”. Rugby365. 22 April 2013. URL besoek op 12 Oktober 2013.
  3. (en) SA Onder-20 span aangekondig”. Sport24. 6 Mei 2011. URL besoek op 16 Junie 2012.
  4. Springboks to blood forwards Eben Etzebeth, Juandre Kruger and Marcell Coetzee against England in Durban Test”. Daily Telegraph. Associated Press: 7 June 2012. URL besoek op 22 April 2013.
  5. South Africa vs England”. South African Rugby Union. 9 June 2012. URL besoek op 22 April 2013.

Eksterne skakels[wysig]