Ebi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ebi
Ebi Live In Montreal 03.jpg
Ebi in Montreal
Geboortenaam Ebrahim Hamedi
Geboorte 19 Junie 1949
Teheran, Iran
Beroep(e) Sanger
Genre(s) Klassieke en popmusiek
Instrument(e) Stem
Aktiewe jare 1967 tot hede
Uitgewer(s) Taraneh Records
Apolon Records
Caltex Records
Pars Video
Avang Records
Webwerf ebihamedi.com
Assosiasies Kamran Hooman
Shahram Shabpareh
Fereydoun Farrokhzad
BlackCats
Shadmehr Aghili
Portal.svg Musiekportaal

Ebrahim Hamedi (* 19 Junie 1949 in Teheran, Iran), beter bekend onder sy verhoognaam Ebi, is een van die bekendste en invloedrykste Irannese sangers en musikante van sy tyd. Danksy sy ekspressiewe stem word hy as een van die beste sangers van sy generasie beskou.

Ebi bly sedert die Irannese Rewolusie in 1979 in Marbella, Spanje en Los Angeles en gaan dikwels op wêreldtoere. In sy repertoire verbind hy invloede van tradisionele Persiese musiek met westerse pop en soms ook Latino-ritmes.

As balling neem Ebi standpunt in teen die huidige Irannese bewind. Een van sy liedjies, Tasmim, behandel die omstrede presidensiële verkiesing in 2009. Met sy nasionalistiese liedjie Persian Gulf kies hy die kant van Iran in die Persiese Golf-naamstryd.

Eksterne skakels[wysig]

Media