Edenville

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Edenville
Ligging van Edenville op 'n kaart (Vrystaat)
Edenville
Edenville
Koördinate: 27°33′0″S 27°40′1.2″O Koördinate: 27°33′0″S 27°40′1.2″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distriksmunisipaliteit Fezile Dabi
Plaaslike Munisipaliteit Mafube
Stigting 1912
Tydsone SAST (UTC+2)
Die NG gemeente Edenville is op 13 Augustus 1913 gestig. Die kerkgebou is op 7 April 1922 ingewy deur dr. J.D. Kestell.

Edenville is 'n klein landboudorp in die Noord-Vrystaat, in Suid-Afrika. Die dorp is 48 km noordoos van Kroonstad en 50 km suidwes van Heilbron.

Geskiedenis[wysig]

Edenville is op 29 Oktober 1912 op die plase Welgelegen, Landgoed en Erfdeel-Noord aan die bolope van die Doringspruit geproklameer nadat die plaaslike gemeenskap petisies vir 'n nuwe dorp ingedien het. Die dorp het in 1922 'n munisipaliteit geword. Die naam verwys blykbaar na die Bybelse Hof van Eden.[1]

Distrik[wysig]

Die belangrikste produkte geproduseer is mielies, vleis en suiwel. Daar is ook 'n groot graanmeule op die dorp.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Dictionary of Southern African Place Names (Public Domain)”. Human Science Research Council.