Eendekuil

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Eendekuil
Ligging van Eendekuil op 'n kaart (Wes-Kaap)
Eendekuil
Eendekuil
Koördinate: 32°41′19″S 18°53′00″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Weskus
Plaaslike Munisipaliteit Bergrivier
Oppervlak
 - Stad 0,53 km²  (0,2 vk m)
Bevolking (2001)
 - Stad 835
 - Digtheid 1 600/km² (4 144/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)

Eendekuil is 'n dorp in die Swartland-streek van die Wes-Kaap, Suid-Afrika, suidwes van Citrusdal en 160 km van Kaapstad. Die naam is afgelei van die baie wilde eende en ander watervoëls wat op 'n tyd volop hier was; daar is baie vleie en panne in die distrik. In 2001 het die dorp 'n bevolking van 835 gehad, waarvan 145 (17,5%) Blank was[1]. Die dorp en die vallei word omring deur die Olifantsrivierberge in die noordooste en die Piketberge in die weste.

Die dorp was oorspronklik die terminus van die spoorlyn vanaf Kaapstad tot aan die einde van die Tweede Vryheidsoorlog toe dit verleng is. 'n Busdiens tussen Eendekuil en Citrusdal is omstreeks 1924 ingestel.

Citrusdal se sitrusoes word in die seisoen nog hier gelaai vir versending. Die dorpie is ook bekend vir sy Cheddar- en Goudakaas. Eendekuil is een van min nedersettings in die gebied waar 'n hotel opgerig is. Dit dateer uit 1900 en is in 1952 herbou.[2]

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 2001-sensus
  2. Cornel Truter: Weskes - 'n Toeristegids. Tweede uitgawe. Kaapstad: Universiteit van Kaapstad 1998, bl. 77