Egeïese See

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Satellietfoto van die Egeïese See.

Die Egeïese See (Grieks: Αιγαίο Πέλαγος, Egeo Pelagos; Turks: Ege Denizi) is 'n gedeelte van die Middellandse See wat deur Griekeland begrens word aan die westekant, Turkye aan die oostekant en Kreta na die suide. Na die noorde word dit verbind met die See van Marmara, en uiteindelik die Swartsee, deur onderskeidelik die Dardanelle en Bosporus. Die see was aanvanklik bekend as Archipelago (in antieke Grieks: Αρχιπέλαγος). Die betekenis van hierdie naam het intussen verander en verwys tans na die Egeïese eilande in dié see, en meer algemeen na enige eilandgroep.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]

39°15′34″N 24°57′09″O