Ekonomiese Vryheidsvegters

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ekonomiese Vryheidsvegters
EFF
Leier Julius Malema
Gestig 17 Augustus 2013
Ideologie Radikaal links, anti-kapitalisties, anti-imperialisties, kommunisties
Amptelike kleure Rooi
Webblad http://effighters.org.za

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (Engels: Economic Freedom Fighters, afgekort: EFF) is 'n politieke party in Suid-Afrika. Die party is op 11 Julie 2013 deur sy leier, Julius Malema bekendgestel.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters het 'n radikale, linkse, anti-kapitalistiese en anti-imperialistiese beleid. Volgens hulle is grondonteiening en die nasionalisering van myne ononderhandelbaar. Hulle beplan om mense en maatskappye te dwing om hulle welvaart met almal te deel.

Malema het beklemtoon dat blanke Suid-Afrikaners welkom is om by die EFF aan te sluit, maar dat hulle die party se beleid van grondherverdeling ​​moet aanvaar. Hy het daarna gesê: "Blankes moet bereid wees om die land te deel. Wie is ons dat ons sou sê dat hulle in die see gedryf moet word?"[1]

Hulle buitelandse beleid is om handel tussen Afrikalande te bevorder en die kontinent te integreer deur "onnodige grense" tussen lande op te hef, onder andere Suid-Afrika se grense met Botswana, Lesotho en Swaziland.[2]

Die party het die ANC in die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014 teengestaan [3] en vriend en vyand verras deur meer as 'n miljoen stemme (byna 10% soveel as die ANC s'n) te verkry. Die resultaat is dat die EFF nou die derde grootste party in die land is, en sal hul ondersteuners met 25 van die 400 setels in die parlement verteenwoordig.

Verkiesingsresultate[wysig]

Verkiesing Stemme % Setels
2014 1,169,259 6.35 25

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]