Ekonomiese streke van Rusland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Rusland is verdeel in twaalf ekonomiese streke (Russies: экономи́ческие райо́ны, ekonomitsjeskije rajoni) – groepe administratiewe eenhede wat die volgende eienskappe deel:

  • Ooreenstemmende ekonomiese en sosiale doelwitte en deelname aan ontwikkelingsprogramme;
  • Min of meer dieselfde ekonomiese toestande en potensiaal;
  • Dieselfde klimaats-, ekologiese en geologiese toestande;
  • Ooreenstemmende metodes om nuwe konstruksies te inspekteer;
  • Ooreenstemmende metodes om belastingkwessies te hanteer;
  • Ooreenstemmende lewensomstandighede van die bevolking.

Geen federale deelgebied mag tot meer as een ekonomiese streek behoort nie. Die federale regering van Rusland besluit oor die stigting en afskaffing van ekonomiese streke of enige verandering in hul samestelling.

Hierdie verdeling in ekonomiese streke verskil van die indeling in federale distrikte – eersgenoemde is uitsluitlik vir ekonomiese en statistieke doeleindes, terwyl laasgenoemde suiwer om administratiewe redes is.

Lys en samestelling van die ekonomiese streke[wysig]

Hier volg ’n lys van die ekonomiese streke volgens bevolking.

  • Sentrale (Центральный, Tsentralni)
  1. Brjansk-oblast
  2. Iwanowo-oblast
  3. Kaloega-oblast
  4. Kostroma-oblast
  5. Federale stad Moskou
  6. Moskou-oblast
  7. Orjol-oblast
  8. Rjazan-oblast
  9. Smolensk-oblast
  10. Toela-oblast
  11. Twer-oblast
  12. Wladimir-oblast
  13. Jaroslawl-oblast
  • Oeral (Уральский, Oeralski)
  1. Republiek van Basjkortostan
  2. Tsjeljabinsk-oblast
  3. Koergan-oblast
  4. Orenburg-oblast
  5. Perm-krai
  6. Swerdlofsk-oblast
  7. Republiek van Oedmoertië
  • Noord-Kaukasus (Северо-Кавказский, Sewero-Kafkazski)
  1. Republiek van Adigea
  2. Tsjetsjniese Republiek
  3. Republiek van Dagestan
  4. Republiek van Ingoesjetië
  5. Republiek van Kabardino-Balkarië
  6. Republiek van Karatsjai-Tsjerkessië
  7. Krasnodar-krai
  8. Republiek van Noord-Ossetië-Alanië
  9. Rostof-oblast
  10. Stawropol-krai
  • Wolga (Поволжский, Powolzjski), die tradisionele naam, wat beteken "die gebied aan die Wolga-rivier"
  1. Astrachan-oblast
  2. Republiek van Kalmikië
  3. Penza-oblast
  4. Samara-oblast
  5. Saratof-oblast
  6. Republiek van Tartarstan
  7. Oeljanofsk-oblast
  8. Wolgograd-oblast
  1. Altai-krai
  2. Republiek van Altai
  3. Kemerowo-oblast
  4. Chanto-Mansië
  5. Nowosibirsk-oblast
  6. Omsk-oblast
  7. Tomsk-oblast
  8. Tjoemen-oblast
  9. Jamalo-Nenetsië
  • Oos–Siberiese (Восточно-Сибирский, Wostotsjno-Sibirski)
  1. Boerjatië
  2. Irkoetsk-oblast
  3. Republiek van Chakassië
  4. Krasnojarsk-krai
  5. Republiek van Tiwa
  6. Zabaikalski-krai
  1. Republiek van Tsjoewasjië
  2. Kirof-oblast
  3. Republiek van Mari El
  4. Republiek van Mordowië
  5. Nizjni Nowgorod-oblast
  1. Leningrad-oblast
  2. Nowgorod-oblast
  3. Pskof-oblast
  4. Federale stad Sint Petersburg
  1. Belgorod-oblast
  2. Koersk-oblast
  3. Lipetsk-oblast
  4. Tambof-oblast
  5. Woronezj-oblast
  1. Amoer-oblast
  2. Tsjoekotka
  3. Joodse Outonome Oblast
  4. Kamtsjatka-krai
  5. Chabarofsk-krai
  6. Magadan-oblast
  7. Primorski-krai
  8. Sacha (Jakoetië)
  9. Sachalin-oblast
  1. Archangelsk-oblast
  2. Republiek van Karelië
  3. Republiek van Komi
  4. Moermansk-oblast
  5. Nenets- Outonome Okroeg
  6. Wologda-oblast
  • Kaliningrad (Калининградский, Kaliningradski)
  1. Kaliningrad-oblast

Sien ook[wysig]

Federale distrikte van Rusland

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]


Flag of Russia.svg Deelgebiede van die Russiese Federasie
             Republieke  AdigeaAltaiBasjkortostan (Basjkirië)BoerjatiëChakassiëDagestanIngoesjetiëJakoetiëKabardino-BalkariëKalmikiëKaratsjai-TsjerkessiëKareliëKomiKrimMari ElMordowiëNoord-Ossetië-AlaniëOedmoertiëTartarstanTsjetsjniëTsjoewasjiëTiwa
Krais  AltaiChabarofskKamtsjatkaKrasnodarKrasnojarskPermPrimorskiStawropolZabaikalski
Oblaste  AmoerArchangelskAstrachanBelgorodBrjanskIrkoetskIwanowoJaroslawlKaliningradKaloegaKemerowoKirofKoerganKoerskKostromaLeningradLipetskMagadanMoermanskMoskouNizjni NowgorodNowgorodNowosibirskOeljanofskOmskOrenburgOrjolPenzaPskofRjazanRostofSachalinSamaraSaratofSmolenskSwerdlofskTambofTjoemenToelaTomskTsjeljabinskTwerWladimirWologdaWoronezjWolgograd  
 Outonome oblast  Joodse
 Outonome okroegs  Chanto-MansiëJamalo-NenetsiëNenetsiëTsjoekotka
Federale stede  MoskouSewastopolSint Petersburg